Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 102

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 102:1 'n Gebed van 'n ellendige as hy beswyk en sy klagte uitstort voor die aangesig van die HERE.
PS 102:2 o HERE, hoor my gebed, en laat my hulpgeroep tot by U kom!
PS 102:3 Verberg u aangesig nie vir my op die dag as ek in benoudheid is nie; neig u oor tot my; op die dag as ek roep, verhoor my gou!
PS 102:4 Want my dae verdwyn soos rook en my gebeente gloei soos 'n vuurherd.
PS 102:5 Platgeslaan soos die plante en verdor is my hart; want ek vergeet om my brood te eet.
PS 102:6 Vanweë my harde gesug kleef my gebeente aan my vlees.
PS 102:7 Ek is soos 'n pelikaan van die woestyn, ek het geword soos 'n uil op die puinhope.
PS 102:8 Ek is slapeloos en het geword soos 'n eensame voël op die dak.
PS 102:9 Die hele dag smaad my vyande my; die wat teen my raas, gebruik my naam as 'n vloek.
PS 102:10 Want ek eet as soos brood en meng my drank met trane,
PS 102:11 vanweë u grimmigheid en u toorn; want U het my opgehef en my weggewerp.
PS 102:12 My dae is soos 'n skaduwee wat lank geword het, en ek, soos die plante verdor ek.
PS 102:13 Maar U, o HERE, U bly tot in ewigheid, en u gedenknaam van geslag tot geslag.
PS 102:14 U sal opstaan, U oor Sion ontferm; want dit is tyd om hom genadig te wees, want die bestemde tyd het gekom.
PS 102:15 Want u knegte het sy klippe lief en het medelyde met sy puin.
PS 102:16 Dan sal die heidene die Naam van die HERE vrees en al die konings van die aarde u heerlikheid;
PS 102:17 omdat die HERE Sion opgebou het, in sy heerlikheid verskyn het,
PS 102:18 Hom gewend het tot die gebed van wie ontbloot is, en hulle gebed nie verag het nie.
PS 102:19 Dit sal vir die volgende geslag opgeskrywe word, en die volk wat geskape gaan word, sal die HERE loof;
PS 102:20 omdat Hy van sy heilige hoogte neergesien het, die HERE uit die hemel op die aarde gelet het,
PS 102:21 om die gekerm van die gevangene te hoor, om los te maak die kinders van die dood;
PS 102:22 sodat hulle in Sion die Naam van die HERE kan vermeld en sy lof in Jerusalem,
PS 102:23 as die volke almal saam vergader, ook die koninkryke om die HERE te dien.
PS 102:24 Hy het my krag op die weg swak gemaak, my dae verkort.
PS 102:25 My God, sê ek, neem my nie weg in die helfte van my dae nie- u jare is van geslag tot geslag!
PS 102:26 In die voortyd het U die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande.
PS 102:27 Húlle sal vergaan, maar U sal bly; ja, hulle almal sal soos 'n kleed verslyt; U verwissel hulle soos 'n kledingstuk, en hulle verdwyn.
PS 102:28 Maar U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie.
PS 102:29 Die kinders van u knegte sal woon, en hulle nageslag sal voor u aangesig bly bestaan.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com