Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 104

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 104:1 Loof die HERE, o my siel! HERE my God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U bekleed-
PS 104:2 wat Uself omhul met die lig soos met 'n kleed, wat die hemel uitspan soos 'n tentdoek;
PS 104:3 wat sy solders bou in die waters, wat van die wolke sy wa maak, wat op die vleuels van die wind wandel,
PS 104:4 wat van die winde sy boodskappers maak, van vuurvlamme sy dienaars.
PS 104:5 Hy het die aarde gegrond op sy grondveste, sodat dit vir ewig en altyd nie wankel nie.
PS 104:6 U het dit met die wêreldvloed soos met 'n kleed oordek; die waters het bo-oor die berge gestaan.
PS 104:7 Vir u dreiging het hulle gevlug, vir die stem van u donder het hulle weggeskrik-
PS 104:8 berge het opgerys, laagtes het weggesak- na die plek wat U vir hulle reggemaak het.
PS 104:9 'n Grens het U gestel waar hulle nie oor mag gaan nie; hulle mag die aarde nie weer oordek nie.
PS 104:10 Hy wat die fonteine uitstuur in die holtes: tussen die berge loop hulle deur.
PS 104:11 Hulle laat al die diere van die veld drink; die wilde-esels les hulle dors.
PS 104:12 By hulle woon die voëls van die hemel; tussen die takke uit laat hulle die stem hoor.
PS 104:13 Hy laat die berge drink uit sy boonste kamers; die aarde word versadig uit die vrug van u werke.
PS 104:14 Hy laat gras uitspruit vir die diere en die plante tot diens van die mens: om broodkoring uit die aarde te laat voortkom,
PS 104:15 en dat wyn die mens se hart kan bly maak; om die aangesig te laat blink van olie, en dat brood die mens se hart kan versterk.
PS 104:16 Die bome van die HERE word versadig, die seders van die Líbanon wat Hy geplant het;
PS 104:17 waar die voëls hulle neste maak, die ooievaar wie se huis die sipresse is.
PS 104:18 Die hoë berge is vir die steenbokke, die rotse is 'n skuilplek vir die dasse.
PS 104:19 Hy het die maan gemaak vir die vaste tye; die son ken sy tyd om onder te gaan.
PS 104:20 U beskik die duisternis, en dit word nag, waarin al die diere van die bos uitkruip.
PS 104:21 Die jong leeus brul om roof en begeer hulle voedsel van God.
PS 104:22 As die son opgaan, dan trek hulle hul terug en gaan lê in hul slaapplekke.
PS 104:23 Die mens gaan uit na sy werk en na sy arbeid tot die aand toe.
PS 104:24 Hoe talryk is u werke, o HERE! U het hulle almal met wysheid gemaak; die aarde is vol van u skepsele!
PS 104:25 Daar is die see, groot en alkante toe wyd- daar is 'n gewemel sonder getal, klein diere saam met grotes.
PS 104:26 Daar gaan die skepe en die Leviátan wat U geformeer het om daarin te speel.
PS 104:27 Hulle almal wag op U, dat U hulle voedsel kan gee op die regte tyd.
PS 104:28 U gee dit aan hulle, hulle tel dit op; U maak u hand oop, hulle word versadig met die goeie.
PS 104:29 U verberg u aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug tot hul stof.
PS 104:30 U stuur u Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut.
PS 104:31 Laat die heerlikheid van die HERE vir ewig wees, laat die HERE bly wees oor sy werke,
PS 104:32 Hy wat die aarde aankyk, en dit bewe; Hy raak die berge aan, en hulle rook.
PS 104:33 Ek wil sing tot eer van die HERE solank as ek lewe, ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek daar is.
PS 104:34 Mag my oordenking Hom welgevallig wees; ék sal bly wees in die HERE!
PS 104:35 Mag die sondaars omkom van die aarde en die goddelose mense nie meer wees nie! Loof die HERE, o my siel! Halleluja!

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com