Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 116

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 116:1 Ek het lief, want die HERE hoor my stem, my smekinge,
PS 116:2 want Hy het sy oor tot my geneig; daarom sal ek Hom in my dae aanroep.
PS 116:3 Bande van die dood het my omring, en angste van die doderyk het my getref; ek het benoudheid en kommer gevind.
PS 116:4 Maar ek het die Naam van die HERE aangeroep: Ag, HERE, red my siel.
PS 116:5 Die HERE is genadig en regverdig, en onse God is 'n ontfermer.
PS 116:6 Die HERE bewaar die eenvoudiges; ek het swak geword, maar Hy het my gehelp.
PS 116:7 My siel, keer terug tot jou rus; want die HERE het goed aan jou gedoen.
PS 116:8 Want U het my siel gered van die dood, my oog van trane, my voet van struikeling.
PS 116:9 Ek sal wandel voor die aangesig van die HERE in die lande van die lewendes.
PS 116:10 Ek het geglo toe ek gespreek het: Ek is diep neergebuig.
PS 116:11 Ék het in my angs gesê: Alle mense is leuenaars.
PS 116:12 Wat sal ek die HERE vergeld vir al sy weldade aan my?
PS 116:13 Ek sal die beker van verlossinge opneem en die Naam van die HERE aanroep.
PS 116:14 My geloftes sal ek aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk.
PS 116:15 Kosbaar is in die oë van die HERE die dood van sy gunsgenote.
PS 116:16 Ag, HERE, sekerlik, ek is u kneg, ek is u kneg, die seun van u diensmaagd; U het my bande losgemaak.
PS 116:17 Ek sal U 'n offer van danksegging bring en die Naam van die HERE aanroep.
PS 116:18 Ek sal my geloftes aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk,
PS 116:19 in die voorhowe van die huis van die HERE, binne-in jou, o Jerusalem! Halleluja!

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com