Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 12

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 12:1 Vir die musiekleier; met basstem. 'n Psalm van Dawid.
PS 12:2 Red, o Here, want daar is geen vrome meer nie; want die getroues het verdwyn onder die mensekinders.
PS 12:3 Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig.
PS 12:4 Mag die HERE al die vleiende lippe uitroei, die tong wat grootpraat,
PS 12:5 hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons?
PS 12:6 Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die HERE; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag.
PS 12:7 Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.
PS 12:8 U, o HERE, sal hulle bewaar; U sal ons bewaar van hierdie geslag vir ewig.
PS 12:9 Die goddelose draf rond as laagheid die oorhand kry by die mensekinders.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com