Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 132

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 132:1 'n Bedevaartslied. o HERE, dink aan Dawid, aan al sy moeite;
PS 132:2 dat hy aan die HERE gesweer het, hierdie gelofte gedoen het aan die Magtige van Jakob:
PS 132:3 Sekerlik sal ek nie ingaan in die tent van my woning of klim op die bed wat vir my gesprei is nie;
PS 132:4 sekerlik sal ek my oë geen slaap gun, aan my ooglede geen sluimering nie,
PS 132:5 totdat ek 'n plek vind vir die HERE, 'n woning vir die Magtige van Jakob!
PS 132:6 Kyk, ons het daarvan gehoor in Éfrata; ons het dit gevind in die velde van Jaär.
PS 132:7 Laat ons na sy woning gaan, ons neerbuig voor die voetbank van sy voete.
PS 132:8 Staan op na u rusplek, HERE, U en die ark van u sterkte!
PS 132:9 Laat u priesters bekleed wees met geregtigheid, en laat u gunsgenote jubel.
PS 132:10 Wys u gesalfde nie af nie, ter wille van Dawid, u kneg.
PS 132:11 Die HERE het aan Dawid gesweer in waarheid (Hy sal daarvan nie terugkom nie): Van die vrug van jou liggaam sal Ek laat sit op jou troon.
PS 132:12 As jou seuns my verbond hou en my getuienisse wat Ek hulle leer, dan sal húlle seuns ook vir ewig op jou troon sit.
PS 132:13 Want die HERE het Sion uitgekies, Hy het dit as woonplek vir Hom begeer en gesê:
PS 132:14 Dit is my rusplek vir ewig; hier wil Ek woon, want Ek het dit begeer.
PS 132:15 Sy voedsel sal Ek ryklik seën, sy behoeftiges versadig met brood;
PS 132:16 en sy priesters sal Ek met heil beklee, en sy gunsgenote sal vrolik jubel.
PS 132:17 Daar sal Ek vir Dawid 'n horing laat uitspruit; Ek het vir my gesalfde 'n lamp toeberei.
PS 132:18 Ek sal sy vyande met skaamte beklee, maar op hom sal sy kroon skitter.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com