Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 135

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 135:1 Halleluja! Prys die Naam van die HERE! Prys, o knegte van die HERE,
PS 135:2 wat staan in die huis van die HERE, in die voorhowe van die huis van onse God!
PS 135:3 Loof die HERE, want die HERE is goed; psalmsing tot eer van sy Naam, want dié is lieflik!
PS 135:4 Want die HERE het Jakob vir Hom uitverkies, Israel as sy eiendom.
PS 135:5 Waarlik, ék weet dat die HERE groot en onse Here bo alle gode is.
PS 135:6 Alles wat die HERE behaag, doen Hy, in die hemel en op die aarde, in die seë en al die dieptes.
PS 135:7 Hy wat die dampe laat opgaan van die einde van die aarde af, bliksemstrale by die reën maak, die wind uit sy skatkamers laat uitgaan;
PS 135:8 wat die eersgeborenes van Egipte getref het, van mense sowel as van vee;
PS 135:9 wat tekens en wonders gestuur het binne-in jou, o Egipte, teen Farao en teen al sy knegte;
PS 135:10 wat baie nasies verslaan het en magtige konings gedood het:
PS 135:11 Sihon, die koning van die Amoriete, en Og, die koning van Basan, en al die koninkryke van Kanaän,
PS 135:12 en hulle land as erfdeel gegee het, as erfdeel aan Israel, sy volk.
PS 135:13 o HERE, u Naam is tot in ewigheid, u gedenknaam, HERE, van geslag tot geslag!
PS 135:14 Want die HERE sal aan sy volk reg doen en medelyde hê met sy knegte.
PS 135:15 Die afgode van die heidene is silwer en goud, 'n werk van mensehande.
PS 135:16 Hulle het 'n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;
PS 135:17 ore het hulle, maar hoor nie; ook is daar geen asem in hulle mond nie.
PS 135:18 Die wat hulle maak, sal net soos hulle word- elkeen wat op hulle vertrou.
PS 135:19 Huis van Israel, loof die HERE! Huis van Aäron, loof die HERE!
PS 135:20 Huis van Levi, loof die HERE! Julle wat die HERE vrees, loof die HERE!
PS 135:21 Geloofd sy die HERE uit Sion, Hy wat in Jerusalem woon! Halleluja!

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com