Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 140

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 140:1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
PS 140:2 Red my, HERE, van die kwaaddoeners, bewaar my vir die manne van geweld;
PS 140:3 wat slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek.
PS 140:4 Hulle maak hul tong skerp soos 'n slang; gif van 'n adder is onder hulle lippe. Sela.
PS 140:5 Bewaar my, HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot.
PS 140:6 Trotsaards het vir my 'n vangnet gespan en toue; hulle het 'n net uitgespan aan die kant van die pad; strikke het hulle vir my gestel. Sela.
PS 140:7 Ek het tot die HERE gesê: U is my God; luister tog, HERE, na die stem van my smekinge!
PS 140:8 HERE Here, Sterkte van my heil, U beskut my hoof in die dag van stryd!
PS 140:9 HERE, gee tog nie die begeertes van die goddelose nie; laat sy listige plan nie geluk, sodat hulle hul verhef nie. Sela.
PS 140:10 Wat betref die hoof van die wat my omring- laat die onheil van hulle lippe hulle oordek.
PS 140:11 Laat vurige kole op hulle afgegooi word; mag Hy hulle laat val in die vuur, in kuile, sodat hulle nie weer opstaan nie!
PS 140:12 Laat die kwaadspreker nie op aarde bevestig word nie; die man van geweld- laat die ongeluk hom jaag met slag op slag.
PS 140:13 Ek weet dat die HERE die regsaak van die ellendige, die reg van die behoeftiges sal behartig.
PS 140:14 Sekerlik, die regverdiges sal u Naam loof, die opregtes sal voor u aangesig woon.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com