Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 145

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 145:1 'n Loflied van Dawid. Alef. o My God, o Koning, ek wil U verhoog en u Naam loof vir ewig en altyd.
PS 145:2 Bet. Elke dag wil ek U loof en u Naam prys vir ewig en altyd.
PS 145:3 Gimel. Die HERE is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik.
PS 145:4 Dalet. Die een geslag prys u werke by die ander, en hulle verkondig u magtige dade.
PS 145:5 He. Ek wil spreek van die glans van u heerlike majesteit en van u wonderbare dade.
PS 145:6 Wau. En hulle sal spreek van die krag van u vreeslike dade, en u grootheid wil ek vertel.
PS 145:7 Sajin. Hulle sal die gedagtenis van u grote goedheid laat uitstroom en jubel oor u geregtigheid.
PS 145:8 Get. Genadig en barmhartig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.
PS 145:9 Tet. Die HERE is vir almal goed, en sy barmhartighede is oor al sy werke.
PS 145:10 Jod. Al u werke loof U, o HERE, en u gunsgenote prys U.
PS 145:11 Kaf. Hulle maak melding van die heerlikheid van u koninkryk en spreek van u mag,
PS 145:12 Lamed. om aan die mensekinders sy magtige dade bekend te maak en die glansryke heerlikheid van sy koninkryk.
PS 145:13 Mem. U koninkryk is 'n koninkryk van alle eeue, en u heerskappy duur deur al die geslagte.
PS 145:14 Samek. Die HERE ondersteun almal wat val, en Hy rig almal op wat neergeboë is.
PS 145:15 Ajin. Die oë van almal wag op U, en U gee hulle hul spys op die regte tyd.
PS 145:16 Pe. U maak u hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae.
PS 145:17 Sade. Die HERE is regverdig in al sy weë en goedgunstig in al sy werke.
PS 145:18 Kof. Die HERE is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid.
PS 145:19 Resj. Hy vervul die wens van die wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle.
PS 145:20 Sjin. Die HERE bewaar almal wat Hom liefhet, maar Hy verdelg al die goddelose.
PS 145:21 Tau. My mond sal die lof van die HERE uitspreek, en laat alle vlees sy heilige Naam loof vir ewig en altyd.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com