Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 148

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 148:1 Halleluja! Loof die HERE uit die hemele; loof Hom in die hoogtes!
PS 148:2 Loof Hom, al sy engele, loof Hom, al sy leërskare!
PS 148:3 Loof Hom, son en maan, loof Hom, alle ligtende sterre!
PS 148:4 Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die hemele is!
PS 148:5 Laat hulle die Naam van die HERE loof; want Hy het bevel gegee- en hulle is geskape.
PS 148:6 En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy het 'n wet gegee wat geeneen oortree nie.
PS 148:7 Loof die HERE van die aarde af- groot seediere en alle dieptes!
PS 148:8 Vuur en hael, sneeu en damp, stormwind wat sy woord volbring;
PS 148:9 berge en alle heuwels, vrugtebome en alle sederbome,
PS 148:10 wilde diere en alle vee, kruipende diere en gevleuelde voëls;
PS 148:11 konings van die aarde en alle volke, vorste en alle regters van die aarde;
PS 148:12 jongelinge en ook jongedogters, oues saam met die jonges-
PS 148:13 laat hulle die Naam van die HERE loof! Want sy Naam alleen is hoog; sy majesteit is oor aarde en hemel!
PS 148:14 En Hy het 'n horing vir sy volk verhef: 'n roem vir al sy gunsgenote; vir die kinders van Israel, die volk wat naby Hom is. Halleluja!

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com