Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 33

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 33:1 o Regverdiges, jubel in die HERE! 'n Loflied betaam die opregtes.
PS 33:2 Loof die HERE met die siter; psalmsing tot sy eer met die tiensnarige harp.
PS 33:3 Sing tot sy eer 'n nuwe lied; speel goed met trompetgeklank.
PS 33:4 Want die woord van die HERE is reg, en al sy werk is met trou.
PS 33:5 Hy het geregtigheid en reg lief; die aarde is vol van die goedertierenheid van die HERE.
PS 33:6 Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.
PS 33:7 Hy versamel die waters van die see soos 'n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers.
PS 33:8 Laat die hele aarde vir die HERE vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees;
PS 33:9 want Hy het gespreek, en dit was; Hy het gebied, en dit staan.
PS 33:10 Die HERE vernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke.
PS 33:11 Die raad van die HERE bestaan vir ewig, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag.
PS 33:12 Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.
PS 33:13 Die HERE kyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders.
PS 33:14 Uit sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde,
PS 33:15 Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke.
PS 33:16 'n Koning word nie verlos deur 'n groot leër, 'n held nie gered deur groot krag nie.
PS 33:17 Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie.
PS 33:18 Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag;
PS 33:19 om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.
PS 33:20 Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild;
PS 33:21 want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou.
PS 33:22 Laat u goedertierenheid, HERE, oor ons wees net soos ons op U wag!

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com