Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 35

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 35:1 'n Psalm van Dawid. HERE, twis met die wat met my twis; bestry die wat my bestry!
PS 35:2 Gryp die klein skild en die grote, en staan op as my hulp!
PS 35:3 En trek die spies uit en stuit my vervolgers! Spreek tot my siel: Ek is jou heil!
PS 35:4 Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en in die skande kom; laat hulle wat my ongeluk beraam, agteruitwyk en rooi van skaamte word!
PS 35:5 Laat hulle word soos kaf voor die wind, terwyl die Engel van die HERE hulle wegstoot.
PS 35:6 Laat hulle weg duister en glibberig wees, terwyl die Engel van die HERE hulle vervolg!
PS 35:7 Want hulle het sonder oorsaak die kuil met hul net vir my verberg, hulle het sonder oorsaak gegrawe teen my lewe.
PS 35:8 Laat verwoesting oor hom kom sonder dat hy dit weet, en laat sy net hom vang wat hy gespan het; laat hom daarin val met verwoesting!
PS 35:9 Maar my siel sal juig in die HERE, dit sal bly wees in sy heil.
PS 35:10 Al my beendere sal sê: HERE, wie is soos U? U wat die ellendige red van die wat sterker is as hy; ja, die ellendige en behoeftige van sy berower!
PS 35:11 Kwaadwillige getuies staan op; wat ek nie weet nie, vra hulle vir my.
PS 35:12 Hulle vergeld my kwaad vir goed: verlatenheid vir my siel.
PS 35:13 En ek- toe hulle siek was, het ek 'n roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebed het teruggekeer in my boesem.
PS 35:14 Ek het rondgegaan asof dit 'n vriend, asof dit 'n broer van my was; ek het gebuk gegaan in die rou soos een wat oor sy moeder treur.
PS 35:15 Maar as ek struikel, is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen my, lae mense en die wat ek nie ken nie; hulle laster sonder ophou.
PS 35:16 Onder die roekeloosste tafelspotters kners hulle met hul tande teen my.
PS 35:17 Here, hoe lank sal U dit aansien? Bring my siel terug van hulle verwoestinge, my enigste van die jong leeus af.
PS 35:18 Ek sal U loof in 'n groot vergadering; onder 'n groot skare sal ek U prys.
PS 35:19 Laat hulle oor my nie bly wees wat sonder grond my vyande is nie; laat die wat my sonder oorsaak haat, nie met die oë knip nie!
PS 35:20 Want hulle spreek nie van vrede nie, maar hulle bedink bedrieglike woorde teen die stilles in die land.
PS 35:21 En hulle maak hul mond wyd oop teen my, hulle sê: Ha, ha, ons oog het dit gesien!
PS 35:22 HERE, U het dit gesien, swyg nie. Here, wees nie ver van my af nie!
PS 35:23 Ontwaak en word wakker vir my reg; my God en Here, vir my regsaak.
PS 35:24 Doen aan my reg na u geregtigheid, HERE my God, en laat hulle oor my nie bly wees nie!
PS 35:25 Laat hulle in hul hart nie sê: Ha, ons begeerte! Laat hulle nie sê: Ons het hom verslind nie!
PS 35:26 Laat hulle wat bly is oor my ongeluk, beskaamd staan en saam rooi van skaamte word; laat hulle wat hul teen my groot maak, met skaamte en skande beklee word!
PS 35:27 Laat húlle jubel en bly wees wat 'n behae het in my geregtigheid; en laat hulle altyddeur sê: Groot is die HERE wat 'n welbehae het in die vrede van sy kneg!
PS 35:28 En my tong sal u geregtigheid prys, u lof die hele dag deur.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com