Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 36

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 36:1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, die kneg van die Here.
PS 36:2 In die binneste van my hart sê die oortreding aangaande die goddelose: Daar is geen vrees van God voor sy oë nie.
PS 36:3 Want dit vlei hom in sy oë in verband met die uitvind en haat van sy skuld.
PS 36:4 Die woorde van sy mond is onreg en bedrog; hy laat ná om verstandig te wees, om goed te doen.
PS 36:5 Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op 'n weg wat nie goed is nie; wat sleg is, verfoei hy nie.
PS 36:6 o HERE, u goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot in die wolke.
PS 36:7 U geregtigheid is soos die berge van God; u oordele is 'n groot watervloed. HERE, U behou mense en diere!
PS 36:8 Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God! Daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van u vleuels.
PS 36:9 Hulle verkwik hul aan die vettigheid van u huis, en U laat hulle drink uit die stroom van u genietinge.
PS 36:10 Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.
PS 36:11 Laat u goedertierenheid voortduur vir die wat U ken, en u geregtigheid vir die opregtes van hart.
PS 36:12 Laat die voet van die trotsaard nie oor my kom nie, en laat die hand van die goddelose mense my nie verdryf nie.
PS 36:13 Daar het die werkers van ongeregtigheid geval; hulle is neergestoot en kan nie weer opstaan nie.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com