Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 38

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 38:1 'n Psalm van Dawid, by die gedenkoffer.
PS 38:2 o HERE, straf my nie in u toorn nie en kasty my nie in u grimmigheid nie.
PS 38:3 Want u pyle het in my ingedring, en u hand het op my neergedaal.
PS 38:4 Daar is geen heel plek in my vlees vanweë u grimmigheid nie; daar is niks gesond in my gebeente vanweë my sonde nie.
PS 38:5 Want my ongeregtighede gaan oor my hoof; soos 'n swaar pak het hulle vir my te swaar geword.
PS 38:6 My wonde stink, hulle dra vanweë my dwaasheid.
PS 38:7 Ek is krom, heeltemal geboë; die hele dag gaan ek in die rou;
PS 38:8 want my lendene is vol ontsteking, en daar is geen heel plek in my vlees nie.
PS 38:9 Ek is kragteloos en heeltemal verbrysel; ek brul van die gebons van my hart.
PS 38:10 Here, voor U is al my begeertes, en my gesug is vir U nie verborge nie.
PS 38:11 My hart slaan vinnig, my krag het my verlaat; en die lig van my oë, ook dit is nie by my nie.
PS 38:12 Die wat my liefhet en my vriende is, staan opsy vir my kwaal, en my nabestaandes het ver gaan staan;
PS 38:13 en die wat my lewe soek, span strikke; en die wat my ongeluk soek, spreek van ondergang, en hulle bedink die hele dag bedrog.
PS 38:14 Maar ek is soos 'n dowe: ek hoor nie, en soos 'n stomme wat sy mond nie oopmaak nie.
PS 38:15 Ja, ek is soos 'n man wat nie hoor nie en in wie se mond geen teëspraak is nie;
PS 38:16 want op U, HERE, wag ek; U sal verhoor, Here my God!
PS 38:17 Want ek het gesê: Laat hulle net nie bly wees oor my nie! Hulle wat by die wankeling van my voet hul groot maak teen my!
PS 38:18 Want ek is klaar om te val, en my smart is altyddeur voor my.
PS 38:19 Ja, my ongeregtigheid bely ek, ek is bekommerd oor my sonde.
PS 38:20 Maar my vyande lewe, hulle is magtig; en die wat my valslik haat, is groot in aantal.
PS 38:21 En die wat kwaad vir goed vergeld, behandel my vyandig, omdat ek die goeie najaag.
PS 38:22 Verlaat my nie, o HERE! My God, wees nie ver van my af nie!
PS 38:23 Maak tog gou om my te help, Here, my heil!

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com