Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 41

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 41:1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
PS 41:2 Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die HERE sal hom red in die dag van onheil.
PS 41:3 Die HERE sal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde. Ja, U kan hom nie oorgee aan die begeerte van sy vyande nie.
PS 41:4 Die HERE sal hom ondersteun op die siekbed; sy hele slaapplek verander U as hy krank is.
PS 41:5 Ék het gesê: o HERE, wees my genadig! Genees my, want ek het teen U gesondig.
PS 41:6 My vyande spreek kwaad van my en sê: Wanneer sal hy sterwe en sy naam vergaan?
PS 41:7 En as iemand kom om my te sien, dan praat hy leuens; sy hart vergader boosheid vir hom; gaan hy uit na buite, dan spreek hy daarvan.
PS 41:8 Al my haters tesame fluister onder mekaar teen my; teen my bedink hulle my onheil en sê:
PS 41:9 Iets skandeliks is op hom uitgestort; en nou dat hy lê, sal hy nie weer opstaan nie.
PS 41:10 Selfs die man wat met my in vrede lewe, op wie ek vertrou het, wat my brood eet, het die hakskeen teen my opgelig.
PS 41:11 Maar U, o HERE, wees my genadig en rig my op, dat ek hulle dit kan vergelde!
PS 41:12 Hieraan weet ek dat U 'n welbehae in my het: dat my vyand oor my nie juig nie.
PS 41:13 My tog, in my opregtheid ondersteun U my, en stel my voor u aangesig tot in ewigheid.
PS 41:14 Geloofd sy die HERE, die God van Israel, van ewigheid tot in ewigheid! Amen, ja amen.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com