Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 48

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 48:1 'n Lied. 'n Psalm van die kinders van Korag.
PS 48:2 Die HERE is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, sy heilige berg!
PS 48:3 Skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Sion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning!
PS 48:4 God het Hom in sy paleise bekend gemaak as 'n rotsvesting.
PS 48:5 Want kyk, die konings het bymekaargekom, tesame opgetrek.
PS 48:6 Skaars het hulle dit gesien, of hulle het verstom, verskrik geword, in angs weggevlug.
PS 48:7 Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos van een wat baar.
PS 48:8 Deur die oostewind verbreek U die skepe van Tarsis.
PS 48:9 Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van die HERE van die leërskare, in die stad van onse God: God sal dit bevestig tot in ewigheid. Sela.
PS 48:10
PS 48:11
PS 48:12 Laat die berg Sion bly wees, laat die dogters van Juda juig oor u oordele.
PS 48:13 Gaan rondom Sion, trek daaromheen, tel sy torings;
PS 48:14 let op sy skanse, wandel deur sy paleise, sodat julle dit aan die volgende geslag kan vertel,
PS 48:15 dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hy sal ons lei tot die dood toe.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com