Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 51

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 51:1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid,
PS 51:2 toe die profeet Natan na hom gekom het, nadat hy by Bátseba ingegaan het.
PS 51:3 Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid.
PS 51:4 Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde.
PS 51:5 Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my.
PS 51:6 Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.
PS 51:7 Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.
PS 51:8 Kyk, U het 'n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend.
PS 51:9 Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.
PS 51:10 Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het.
PS 51:11 Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede.
PS 51:12 Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees.
PS 51:13 Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie.
PS 51:14 Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur 'n gewillige gees.
PS 51:15 Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.
PS 51:16 Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel.
PS 51:17 Here, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig.
PS 51:18 Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie.
PS 51:19 Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!
PS 51:20 Doen goed aan Sion na u welbehae; bou die mure van Jerusalem op.
PS 51:21 Dan sal U 'n welbehae hê in die offers van geregtigheid, in brandoffer en voloffer; dan sal hulle stiere offer op u altaar.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com