Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 56

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 56:1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die Duif van die ver Terebinte." Van Dawid. 'n Gedig, toe die Filistyne hom gevang het in Gat.
PS 56:2 Wees my genadig, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, verdruk my die hele dag.
PS 56:3 My vyande vertrap my die hele dag, want baie veg teen my in hoogmoed.
PS 56:4 Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.
PS 56:5 Deur God sal ek sy woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen?
PS 56:6 Die hele dag verdraai hulle my woorde; al hulle gedagtes is teen my, om kwaad te doen.
PS 56:7 Hulle val aan, lê en loer- hulle let op my hakskene net soos hulle op my lewe geloer het.
PS 56:8 Ondanks hul ongeregtigheid- sal hulle ontvlug? Werp volke neer in toorn, o God!
PS 56:9 U het my omswerwinge getel; hou my trane in u kruik; is hulle nie in u boek nie?
PS 56:10 Dan sal my vyande agteruitwyk op die dag as ek roep; dit weet ek dat God aan my kant is.
PS 56:11 Deur God sal ek die woord prys; deur die HERE sal ek die woord prys.
PS 56:12 Ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan 'n mens my doen?
PS 56:13 Op my, o God, rus geloftes aan U gedoen; lofoffers sal ek U betaal;
PS 56:14 want U het my siel gered van die dood- ja, my voete van struikeling- om te wandel voor die aangesig van God in die lig van die lewe.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com