Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 58

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 58:1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." Van Dawid. 'n Gedig.
PS 58:2 Spreek julle waarlik geregtigheid, o gode? Oordeel julle die mensekinders regverdig?
PS 58:3 Ja, julle bedryf ongeregtighede in die hart; julle weeg op aarde die geweld van julle hande af.
PS 58:4 Afvallig is die goddelose mense van die geboorte af; die leuensprekers dwaal van die moederskoot af.
PS 58:5 Hulle het gif soos die gif van 'n slang; soos 'n dowe adder wat sy oor toestop,
PS 58:6 wat nie luister na die stem van die besweerders, van hom wat ervare is om met towerspreuke om te gaan nie.
PS 58:7 o God, verbreek hulle tande in hulle mond; slaan die tande van die jong leeus uit, o HERE!
PS 58:8 Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het.
PS 58:9 Laat hulle wees soos 'n slak wat wegsmelt so ver as hy loop, soos 'n misgeboorte wat die son nie gesien het nie.
PS 58:10 Voordat julle potte die doringtak gewaar word, sal Hy dit wegstorm, die rou vleis sowel as die vuurgloed.
PS 58:11 Die regverdige sal bly wees as hy die wraak sien; hy sal sy voete was in die bloed van die goddelose.
PS 58:12 En die mense sal sê: Gewis, daar is vrug vir die regverdige; gewis, daar is 'n God wat op die aarde oordeel!

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com