Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 6

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 6:1 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente; met basstem. 'n Psalm van Dawid.
PS 6:2 o HERE, straf my nie in u toorn nie, en kasty my nie in u grimmigheid nie.
PS 6:3 Wees my genadig, HERE, want ek is verswak; maak my gesond, HERE, want my gebeente is verskrik.
PS 6:4 Ja, my siel is baie verskrik; en U, HERE, tot hoe lank?
PS 6:5 Keer terug, HERE, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil.
PS 6:6 Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk?
PS 6:7 Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane.
PS 6:8 My oog het dof geword van verdriet; dit het swak geword vanweë al my teëstanders.
PS 6:9 Gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die HERE het die stem van my geween gehoor.
PS 6:10 Die HERE het my smeking gehoor; die HERE neem my gebed aan.
PS 6:11 Al my vyande sal beskaamd staan en baie verskrik word; hulle sal in 'n oomblik beskaamd omdraai.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com