Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 63

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 63:1 'n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was.
PS 63:2 o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in 'n dor en uitgedroogde land, sonder water.
PS 63:3 Só het ek U in die heiligdom aanskou, om u sterkte en u heerlikheid te sien.
PS 63:4 Want u goedertierenheid is beter as die lewe; my lippe moet U prys.
PS 63:5 Só sal ek U prys my lewe lank, in u Naam my hande ophef.
PS 63:6 Soos met vet en vettigheid sal my siel versadig word, en my mond sal roem met jubelende lippe
PS 63:7 as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.
PS 63:8 Want U was 'n hulp vir my, en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel.
PS 63:9 My siel is aan U verkleef; u regterhand ondersteun my.
PS 63:10 Maar húlle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom in die onderste plekke van die aarde.
PS 63:11 Hy sal oorgelewer word in die mag van die swaard; die deel van die jakkalse sal hulle word.
PS 63:12 Maar die koning sal bly wees in God; elkeen wat by Hom sweer, sal hom beroem; want die mond van die leuensprekers sal gestop word.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com