Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 65

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 65:1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. 'n Lied.
PS 65:2 Aan U kom 'n lofsang toe, o God, in Sion, en aan U moet die gelofte betaal word.
PS 65:3 o Hoorder van die gebed, tot U moet alle vlees kom!
PS 65:4 Ongeregtige dinge het die oorhand oor my gehad, maar U versoen ons oortredinge.
PS 65:5 Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis.
PS 65:6 Vreeslike dinge antwoord U ons in geregtigheid, o God van ons heil, vertroue van al die eindes van die aarde en van die verste see!
PS 65:7 Wat die berge grondves deur u krag, wat omgord is met mag,
PS 65:8 wat die gebruis van die seë stilmaak, die gebruis van hulle golwe en die rumoer van die volke;
PS 65:9 sodat die bewoners van die eindes vrees vir u tekens; U laat die uitgange van die môre en die aand jubel.
PS 65:10 U het die land besoek en oorvloed gegee; U verryk dit grootliks; die stroom van God is vol water. U berei hulle koring; ja, so berei U die land.
PS 65:11 U maak sy vore nat, sy kluite gelyk; deur reënbuie maak U dit week; U seën sy uitspruitsel.
PS 65:12 U kroon die jaar van u goedheid, en u voetspore drup van vettigheid.
PS 65:13 Die weivelde van die woestyn drup, en die heuwels gord hulleself met gejuig.
PS 65:14 Die weivelde is bekleed met troppe kleinvee, en die dale is bedek met koring; hulle juig, ook sing hulle.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com