Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 66

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 66:1 Vir die musiekleier. 'n Lied. 'n Psalm. Juig tot eer van God, o ganse aarde!
PS 66:2 Besing die eer van sy Naam, maak heerlik sy lofsang!
PS 66:3 Sê tot God: Hoe vreeslik is u werke! Deur die grootheid van u sterkte sal u vyande kruipende na U toe kom.
PS 66:4 Laat die hele aarde U aanbid en psalmsing tot u eer; laat dit u Naam verhef in psalmgesang. Sela.
PS 66:5 Kom en aanskou die dade van God, Hy wat gedug is in werking oor die mensekinders.
PS 66:6 Hy het die see verander in droë land; hulle het te voet deur die rivier gegaan. Daar was ons bly in Hom.
PS 66:7 Hy heers vir ewig deur sy mag; sy oë hou wag oor die nasies. Laat die wederstrewiges hulleself nie verhef nie. Sela.
PS 66:8 Loof, volke, onse God, en laat hoor die stem wat Hom roem-
PS 66:9 wat aan ons siel die lewe gee en nie toelaat dat ons voet wankel nie.
PS 66:10 Want U het ons getoets, o God, U het ons gelouter soos 'n mens silwer louter.
PS 66:11 U het ons in die net gebring, 'n swaar las op ons heupe gelê.
PS 66:12 U het mense oor ons hoof laat ry; ons het in die vuur en in die water gekom, maar U het ons uitgelei in die oorvloed.
PS 66:13 Ek sal met brandoffers in u huis ingaan; ek sal U my geloftes betaal,
PS 66:14 wat my lippe geuit en my mond uitgespreek het toe ek benoud was.
PS 66:15 Brandoffers van vet diere sal ek U bring saam met offerrook van ramme; ek sal beeste saam met bokke berei. Sela.
PS 66:16 Kom luister, en laat my vertel, julle almal wat God vrees, wat Hy aan my siel gedoen het.
PS 66:17 Ek het Hom aangeroep met my mond, en lofgesang was onder my tong.
PS 66:18 As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie.
PS 66:19 Waarlik, God het gehoor; Hy het geluister na die stem van my gebed.
PS 66:20 Geloofd sy God wat my gebed nie afgewys en sy goedertierenheid aan my nie onttrek het nie!

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com