Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 69

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 69:1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies." 'n Psalm van Dawid.
PS 69:2 Verlos my, o God, want die waters het tot by die siel gekom.
PS 69:3 Ek sink in grondelose modder waar geen staanplek is nie; ek het in waterdieptes gekom, en die stroom loop oor my.
PS 69:4 Ek is moeg van my geroep, my keel brand, my oë versmag terwyl ek wag op my God.
PS 69:5 Die wat my sonder oorsaak haat, is meer as die hare van my hoof; die wat klaar staan om my te vernietig, wat sonder grond my vyande is, is magtig; wat ek nie geroof het nie, moet ek dan teruggee.
PS 69:6 o God, U weet van my dwaasheid, en my skuldige dade is vir U nie verborge nie.
PS 69:7 Laat die wat u verwag, deur my nie beskaamd staan nie, o Here, HERE van die leërskare! Laat die wat U soek, deur my nie in die skande kom nie, o God van Israel!
PS 69:8 Want om U ontwil dra ek smaad, bedek skande my aangesig.
PS 69:9 Vreemd het ek vir my broers geword en 'n onbekende vir die seuns van my moeder.
PS 69:10 Want die ywer vir u huis het my verteer, en die smaadhede van die wat U smaad, het op my geval.
PS 69:11 Wat my aangaan, my siel het geween met vas; maar dit het smaadhede vir my geword.
PS 69:12 Ek het ook 'n rougewaad my kleding gemaak en vir hulle 'n spreekwoord geword.
PS 69:13 Die wat in die poort sit, praat van my- ook die spotlied van die wat sterk drank drink.
PS 69:14 Maar ek- my gebed is tot U, o HERE: in die tyd van genade, o God, verhoor my deur die grootheid van u goedertierenheid, deur die trou van u heil!
PS 69:15 Red my uit die modder en laat my nie sink nie; laat my gered word van my haters en uit waterdieptes.
PS 69:16 Laat die waterstroom nie oor my loop en die diepte my nie verslind nie, en laat die put sy mond bo my nie toesluit nie!
PS 69:17 Verhoor my, o HERE, want u goedertierenheid is goed; wend U tot my na die grootheid van u barmhartighede.
PS 69:18 En verberg u aangesig nie vir u kneg nie; want ek is benoud. Verhoor my dan gou!
PS 69:19 Kom nader na my siel, verlos dit; bevry my om my vyande ontwil.
PS 69:20 U ken my smaad en my beskaming en my skande; al my teëstanders is voor U.
PS 69:21 Die smaad breek my hart, en ek is verswak; ja, ek het gewag op medelyde, maar verniet; en op vertroosters, maar het hulle nie gevind nie.
PS 69:22 En hulle het aan my gal gegee as my spys, en vir my dors het hulle my asyn laat drink.
PS 69:23 Laat hul tafel voor hulle 'n vangnet wees en vir hulle wat sorgeloos is, 'n strik.
PS 69:24 Laat hulle oë duister word, sodat hulle nie sien nie; en maak dat hulle heupe altyddeur wankel.
PS 69:25 Stort oor hulle u grimmigheid uit, en laat u toorngloed hulle inhaal.
PS 69:26 Laat hulle laer woes word, laat in hulle tente geen bewoner wees nie.
PS 69:27 Want hulle vervolg hom wat deur U swaar getref is, en vertel van die smart van u gewondes.
PS 69:28 Voeg skuld by hulle skuld, en laat hulle nie in u geregtigheid kom nie.
PS 69:29 Laat hulle uitgedelg word uit die boek van die lewe en nie saam met die regverdiges opgeskrywe word nie.
PS 69:30 Maar ek is ellendig en in pyn: laat u hulp, o God, my beskerm!
PS 69:31 Ek wil die Naam van God prys met 'n lied en Hom groot maak met danksegging;
PS 69:32 en dit sal die HERE welgevalliger wees as beeste, as stiere wat horings en gesplitste kloue het.
PS 69:33 As die ootmoediges dit sien, sal hulle bly wees; julle wat na God soek, laat julle hart lewe!
PS 69:34 Want die HERE luister na die behoeftiges en verag sy gevangenes nie.
PS 69:35 Laat hemel en aarde Hom prys, die see en alles wat daarin roer.
PS 69:36 Want God sal Sion verlos en die stede van Juda bou; en daar sal hulle woon en dit besit.
PS 69:37 En die nageslag van sy knegte sal dit beërwe, en die liefhebbers van sy Naam sal daarin woon.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com