Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 75

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 75:1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.
PS 75:2 Ons loof U, o God, ons loof, en naby is u Naam; hulle vertel u wonders.
PS 75:3 As Ek die regte tydstip aangryp, oordeel Ék regverdig.
PS 75:4 Al wankel die aarde en al sy bewoners- Ék het sy pilare vasgestel. Sela.
PS 75:5 Ek sê tot die onsinniges: Wees nie onsinnig nie! en tot die goddelose: Verhef die horing nie!
PS 75:6 Verhef julle horing nie daarbo en spreek nie met trots uitgerekte nek nie.
PS 75:7 Want nie van die opgang of van die ondergang, ook nie van die woestyn van berghoogtes nie....
PS 75:8 maar God is regter: Hy verneder die een en verhef die ander.
PS 75:9 Want in die hand van die HERE is 'n beker, en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink.
PS 75:10 Maar ék sal vir ewig verkondig- ek wil psalmsing tot eer van die God van Jakob.
PS 75:11 En ek sal al die horings van die goddelose mense stukkend breek; die horings van die regverdige sal verhef word.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com