Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 83

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 83:1 'n Lied. 'n Psalm van Asaf.
PS 83:2 o God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God!
PS 83:3 Want kyk, u vyande maak rumoer, en u haters steek die hoof op.
PS 83:4 Teen u volk smee hulle listig 'n plan en hou onder mekaar raad teen u verborgenes.
PS 83:5 Hulle sê: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie.
PS 83:6 Want hulle het van harte saam raad gehou; teen U sluit hulle 'n verbond:
PS 83:7 die tente van Edom en die Ismaeliete, Moab en die Hagareners,
PS 83:8 Gebal en Ammon, en Amalek, Filistéa saam met die inwoners van Tirus.
PS 83:9 Ook het Assur by hulle aangesluit; hulle is 'n arm vir die kinders van Lot. Sela.
PS 83:10 Maak met hulle soos met Mídian, soos met Sísera, soos met Jabin by die spruit Kison:
PS 83:11 hulle is verdelg by Endor, hulle het mis geword vir die grond.
PS 83:12 Maak hulle, hul edeles, soos Oreb en Seëb, en al hulle vorste soos Seba en Salmúna,
PS 83:13 wat sê: Laat ons die woninge van God vir ons in besit neem!
PS 83:14 My God, maak hulle soos strooi, soos stoppels voor die wind.
PS 83:15 Soos vuur wat 'n bos verbrand, en soos die vlam wat berge aan die brand steek-
PS 83:16 vervolg hulle só met u storm en verskrik hulle met u stormwind.
PS 83:17 Oordek hulle aangesig met skande, dat hulle u Naam kan soek, o HERE!
PS 83:18 Laat hulle beskaamd staan en verskrik wees vir ewig, en laat hulle rooi van skaamte word en omkom;
PS 83:19 sodat hulle kan weet dat U, wie se Naam HERE is, alleen die Allerhoogste is oor die hele aarde.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com