Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 88

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 88:1 'n Lied, 'n Psalm van die kinders van Korag, Vir die musiekleier; op die wysie van: "Máhalat leannot." 'n Onderwysing van Heman, die Esrahiet.
PS 88:2 HERE, God van my heil, bedags roep ek, in die nag is dit voor U.
PS 88:3 Laat my gebed voor u aangesig kom, neig u oor tot my smeking.
PS 88:4 Want my siel is sat van teëspoede, en my lewe raak aan die doderyk.
PS 88:5 Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos 'n man sonder krag,
PS 88:6 vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie U nie meer dink nie, en wat afgesny is van u hand.
PS 88:7 U het my gesit in die kuil diep daaronder, in duisternisse, in dieptes.
PS 88:8 U grimmigheid rus op my, en U druk my neer met al u golwe. Sela.
PS 88:9 U het my bekendes ver van my verwyder, my iets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie.
PS 88:10 My oog vergaan van ellende. HERE, ek roep U aan die hele dag deur, ek brei my hande na U uit.
PS 88:11 Kan U aan die dooies 'n wonder doen? Of kan skimme opstaan, kan hulle U loof? Sela.
PS 88:12 Kan u goedertierenheid vertel word in die graf, u trou in die plek van vertering?
PS 88:13 Kan u wondermag in die duisternis bekend word en u geregtigheid in die land van vergetelheid?
PS 88:14 Maar ék, HERE, roep U aan om hulp, en in die môre kom my gebed U tegemoet.
PS 88:15 HERE, waarom verstoot U my siel, verberg U u aangesig vir my?
PS 88:16 Van jongs af is ek ellendig en klaar om te sterwe; ek dra u verskrikkinge, ek is radeloos.
PS 88:17 U toorngloed het oor my gegaan; u verskrikkinge vernietig my;
PS 88:18 die hele dag omring hulle my soos water, saam omsingel hulle my.
PS 88:19 U het vriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes is duisternis.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com