Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 9

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 9:1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Sterf vir die Seun". 'n Psalm van Dawid.
PS 9:2 Ek wil die HERE loof met my hele hart; ek wil al u wonders vertel.
PS 9:3 In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste,
PS 9:4 omdat my vyande agteruitwyk, struikel en omkom van voor u aangesig.
PS 9:5 Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, o regverdige regter!
PS 9:6 U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd.
PS 9:7 Die vyande het omgekom- puinhope vir ewig; ook die stede wat U verwoes het; hulle gedagtenis, ja, dié het vergaan.
PS 9:8 Maar die HERE sit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel.
PS 9:9 En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg.
PS 9:10 So is die HERE dan 'n rotsvesting vir die verdrukte, 'n rotsvesting in tye van benoudheid.
PS 9:11 En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE!
PS 9:12 Psalmsing tot eer van die HERE wat op Sion woon; verkondig onder die volke sy dade.
PS 9:13 Want Hy wat die bloed soek, dink aan hulle; Hy vergeet die geroep van die ellendiges nie.
PS 9:14 Wees my genadig, HERE, aanskou my ellende vanweë my haters, U wat my verhef uit die poorte van die dood;
PS 9:15 sodat ek al u roemryke dade kan vertel, in die poorte van die dogter van Sion kan juig oor u heil.
PS 9:16 Die heidene het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; hulle voet is gevang in die net wat hulle gespan het.
PS 9:17 Die HERE het Hom bekend gemaak; Hy het strafgerig geoefen; die goddelose is verstrik in die werk van sy hande. Higgajon. Sela.
PS 9:18 Die goddelose sal teruggaan na die doderyk, al die heidene wat God vergeet.
PS 9:19 Want die behoeftige sal nie vir altyd vergeet word, die verwagting van die ellendiges nie vir ewig verlore gaan nie.
PS 9:20 Staan op, HERE, laat die mens nie sterk word nie; laat die heidene voor u aangesig geoordeel word!
PS 9:21 o HERE jaag hulle skrik aan; laat die heidene weet, hulle is mense! Sela.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com