Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 91

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 91:1 Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
PS 91:2 Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.
PS 91:3 Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.
PS 91:4 Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is 'n skild en pantser.
PS 91:5 Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,
PS 91:6 vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!
PS 91:7 Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand- na jou sal dit nie aankom nie.
PS 91:8 Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.
PS 91:9 Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.
PS 91:10 Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;
PS 91:11 want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.
PS 91:12 Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.
PS 91:13 Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.
PS 91:14 Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.
PS 91:15 Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.
PS 91:16 Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com