Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 94

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 94:1 God van wraak, o HERE, God van wraak, verskyn in ligglans!
PS 94:2 Verhef U, o regter van die aarde, vergeld die trotsaards hulle dade!
PS 94:3 Hoe lank sal die goddelose, o HERE, hoe lank sal die goddelose jubel?
PS 94:4 Hulle smaal, hulle praat onbeskaamd- al die werkers van ongeregtigheid verhef hulle.
PS 94:5 o HERE, hulle verbrysel u volk, en hulle verdruk u erfdeel.
PS 94:6 Hulle maak die weduwee en die vreemdeling dood en vermoor die wese
PS 94:7 en sê: Die HERE sien dit nie, en die God van Jakob merk dit nie.
PS 94:8 Let op, o onverstandiges onder die volk, en julle dwase, wanneer sal julle verstandig word?
PS 94:9 Sou Hy wat die oor plant, nie hoor nie, of Hy wat die oog formeer, nie sien nie?
PS 94:10 Sou Hy wat die nasies tugtig, nie straf nie- Hy wat die mens kennis leer?
PS 94:11 Die HERE ken die gedagtes van die mense- dat hulle nietigheid is.
PS 94:12 Welgeluksalig is die man, o HERE, wat U onderrig en wat U leer uit u wet,
PS 94:13 om hom rus te gee van die dae van teëspoed, totdat die kuil vir die goddelose gegrawe word.
PS 94:14 Want die HERE sal sy volk nie verwerp en sal sy erfdeel nie verlaat nie;
PS 94:15 want die regspraak sal terugkeer tot geregtigheid, en al die opregtes van hart sal dit volg.
PS 94:16 Wie sal vir my optree teen die kwaaddoeners? Wie sal my bystaan teen die werkers van ongeregtigheid?
PS 94:17 As die HERE vir my nie 'n hulp was nie, dan het my siel gou in die stilte gewoon.
PS 94:18 As ek dink: My voet wankel- dan ondersteun u goedertierenheid my, o HERE!
PS 94:19 As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig, dan verkwik u vertroostinge my siel.
PS 94:20 Het die regterstoel wat onheil stig, met U gemeenskap; wat moeite versin teen die insettinge in?
PS 94:21 Hulle bestorm die lewe van die regverdige en veroordeel onskuldige bloed.
PS 94:22 Maar die HERE is 'n rotsvesting vir my, en my God die rots van my toevlug.
PS 94:23 En Hy laat hulle ongeregtigheid op hulle terugkeer en verdelg hulle in hul boosheid; die HERE onse God verdelg hulle.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com