Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 97

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 97:1 Die HERE is Koning; laat die aarde juig; laat baie eilande bly wees!
PS 97:2 Wolke en donkerheid is rondom Hom; geregtigheid en reg is die grondslag van sy troon.
PS 97:3 'n Vuur gaan voor sy aangesig uit en steek sy teëstanders rondom aan die brand.
PS 97:4 Sy bliksems verlig die wêreld; die aarde sien dit en bewe.
PS 97:5 Berge smelt weg soos was voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die HERE van die hele aarde.
PS 97:6 Die hemele verkondig sy geregtigheid, en al die volke sien sy heerlikheid.
PS 97:7 Beskaamd staan almal wat die beelde dien, wat hulle op afgode beroem; al die gode buig hulle voor Hom neer.
PS 97:8 Sion hoor dit en is bly, en die dogters van Juda juig oor u oordele, o HERE!
PS 97:9 Want U, HERE, is die Allerhoogste oor die hele aarde; U is hoog verhewe bo al die gode.
PS 97:10 o Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad! Hy bewaar die siele van sy gunsgenote, Hy red hulle uit die hand van die goddelose.
PS 97:11 Die lig is vir die regverdige gesaai en vrolikheid vir die opregtes van hart.
PS 97:12 o Regverdiges, wees bly in die HERE, en loof sy heilige gedenknaam!

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com