Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

2 Corinthians 6

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13]

2COR 6:1 En as medewerkers vermaan ons julle ook dat julle die genade van God nie tevergeefs mag ontvang nie.
2COR 6:2 Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.
2COR 6:3 Ons lê nie die minste hindernis in die weg nie, sodat die bediening nie beklad mag word nie;
2COR 6:4 maar in alles beveel ons ons aan as dienaars van God, met baie geduld, in verdrukkinge, in node, in benoudhede;
2COR 6:5 in slae, in gevangenskappe, in oproere, in arbeid, in slapelose nagte, in hongerly;
2COR 6:6 in reinheid, in kennis, in lankmoedigheid, in vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde;
2COR 6:7 in die woord van waarheid, in die krag van God, deur die wapens van die geregtigheid in die regter-- en linkerhand;
2COR 6:8 deur eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig;
2COR 6:9 as onbekendes en tog goed bekend, as sterwendes en kyk, ons lewe, as getugtig en tog nie gedood nie;
2COR 6:10 as bedroefdes, maar altyd opgeruimd; as armes, maar wat baie ander ryk maak; as mense wat niks het nie en tog alles besit.
2COR 6:11 Ons mond het teenoor julle oopgegaan, Korinthiërs, ons hart het verruim geword.
2COR 6:12 Nie in ons het julle dit te nou nie, maar in jul binneste het julle dit te nou.
2COR 6:13 Maar by wyse van vergoeding--ek praat soos met kinders--moet julle ook verruim word.
2COR 6:14 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?
2COR 6:15 En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?
2COR 6:16 Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.
2COR 6:17 Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;
2COR 6:18 en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com