Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Ezra 10

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10]

EZRA 10:1 En terwyl Esra bid en hy wenende neerval en belydenis doen voor die huis van God, kom daar uit Israel 'n baie groot vergadering van manne en vroue en kinders by hom bymekaar; want die volk het geween met 'n groot geween.
EZRA 10:2 Toe het Segánja, die seun van Jéhiël, van die seuns van Elam, begin spreek en aan Esra gesę: Ons het ontrou gehandel teen onse God, dat ons vreemde vroue uit die volke van die land getrou het; maar tog is daar nog hoop vir Israel in hierdie saak.
EZRA 10:3 Laat ons dan nou 'n verbond met onse God sluit om al die vroue en wat uit hulle gebore is, weg te stuur volgens die raad van my heer en van die wat beef vir die gebod van onse God, en laat volgens die wet gehandel word.
EZRA 10:4 Staan op, want die saak rus op u, en ons staan by u; wees sterk en handel!
EZRA 10:5 Toe het Esra opgestaan en hy het die owerstes van die priesters, die Leviete en die hele Israel laat sweer om volgens hierdie woord te handel; en hulle het gesweer.
EZRA 10:6 En Esra het hom opgerig van voor die huis van God en weggegaan na die kamer van Jóhanan, die seun van Éljasib. En hy het daar gekom; geen brood het hy geëet en geen water gedrink nie, want hy het rou bedrywe oor die ontrou van die ballinge.
EZRA 10:7 Toe het hulle 'n oproep deur Juda en Jerusalem laat gaan aan al die ballinge om in Jerusalem saam te kom.
EZRA 10:8 En elkeen wat nie binne drie dae inkom nie, dié se hele besitting sou volgens besluit van die owerstes en die oudstes deur die banvloek getref word, en hy self uit die vergadering van die ballinge uitgesluit word.
EZRA 10:9 Daarop het al die manne van Juda en Benjamin binne drie dae in Jerusalem saamgekom; dit was die negende maand, op die twintigste van die maand; en die hele volk het op die plein van die huis van God gesit en bewe vanweë die saak self en vanweë die reënbuie.
EZRA 10:10 En die priester Esra het opgestaan en vir hulle gesę: Julle was ontrou en het vreemde vroue getrou om die skuld van Israel te vermeerder.
EZRA 10:11 Gee dan nou aan die HERE, die God van julle vaders, die eer en doen wat Hom behaag en sonder julle af van die volke van die land en van die vreemde vroue.
EZRA 10:12 Toe antwoord die hele vergadering en sę hardop: Só, volgens u woorde, is ons verplig om te handel;
EZRA 10:13 maar die mense is baie, en dit is die reëntyd--dit is onmoontlik om buite te staan; en dit is nie 'n werk van een dag en nie van twee nie, want ons het in hierdie saak swaar oortree.
EZRA 10:14 Laat tog ons owerstes vir die hele vergadering optree, dan kan almal in ons stede wat vreemde vroue getrou het, op vasgestelde tye kom, en die oudstes en die regters van elkeen se stad saam met hulle, om die toorngloed van onse God, wat hierdie saak betref, van ons af te wend.
EZRA 10:15 Net Jónatan, die seun van Asahel, en Jagséja, die seun van Tikwa, het hierteen opgetree, en Mesúllam en die Leviet Sábbetai het hulle gesteun.
EZRA 10:16 Maar die seuns van die ballingskap het so gedoen; en afgesonder is: Esra, die priester, saam met manne, familiehoofde volgens hulle families, en hulle is almal by hul naam genoem; en hulle het op die eerste dag van die tiende maand sitting gehou om die saak te ondersoek,
EZRA 10:17 en met al die manne wat vreemde vroue getrou het, was hulle gereed op die eerste dag van die eerste maand.
EZRA 10:18 En van die seuns van die priesters wat vreemde vroue getrou het, was daar van die seuns van Jésua, die seun van Jósadak, en sy broers: Maäséja en Eliëser en Jarib en Gedálja.
EZRA 10:19 Maar hulle het hulle hand daarop gegee dat hulle hul vroue sou wegstuur en dat hulle 'n ram skuldig sou wees vir hulle skuld.
EZRA 10:20 En van die seuns van Immer: Hanáni en Sebádja;
EZRA 10:21 en van die seuns van Harim: Maäséja en Elía en Semája en Jéhiël en Ussía;
EZRA 10:22 en van die seuns van Pasgur: Eljoënai, Maäséja, Ismael, Netáneël, Jósabad en Eleása.
EZRA 10:23 En van die Leviete: Jósabad en Símeď en Kelája (dit is Kelíta), Petágja, Juda en Eliëser.
EZRA 10:24 En van die sangers: Éljasib; en van die poortwagters: Sallum en Telem en Uri.
EZRA 10:25 En uit Israel, van die seuns van Parhos: Ramja en Jissía en Malkía en Míjamin en Eleásar en Malkía en Benája;
EZRA 10:26 en van die seuns van Elam: Mattánja, Sagaría en Jéhiël en Abdi en Jéremot en Elía;
EZRA 10:27 en van die seuns van Sattu: Eljoënai, Éljasib, Mattánja en Jéremot en Sabad en Asísa;
EZRA 10:28 en van die seuns van Bébai: Jóhanan, Hanánja, Sabbai en Atlai;
EZRA 10:29 en van die seuns van Bani: Mesúllam, Mallug en Adája, Jasub en Seal, Jéremot;
EZRA 10:30 en van die seuns van Pahat-Moab: Adna en Kelal, Benája, Maäséja, Mattánja, Besáleël en Bínnuď en Manasse;
EZRA 10:31 en van die seuns van Harim: Eliëser, Jissía, Malkía, Semája, Símeon,
EZRA 10:32 Benjamin, Mallug, Semárja;
EZRA 10:33 van die seuns van Hasum: Mátnai, Mattátta, Sabad, Elifélet, Jerémai, Manasse, Símeď;
EZRA 10:34 van die seuns van Bani Máädai, Amram en Uel,
EZRA 10:35 Benája, Bedéja, Kelúhu,
EZRA 10:36 Wanja, Méremot, Éljasib,
EZRA 10:37 Mattánja, Mátnai en Jáäsai
EZRA 10:38 en Bani en Bínnuď, Símeď
EZRA 10:39 en Selémja en Natan en Adája,
EZRA 10:40 Magnádbai, Sásai, Sárai,
EZRA 10:41 Asáreël en Selémja, Semárja,
EZRA 10:42 Sallum, Amárja, Josef;
EZRA 10:43 van die seuns van Nebo: Jeď-el, Mattítja, Sabad, Sebína, Jáddai en Joël, Benája.
EZRA 10:44 Hulle almal het vreemde vroue getrou, en daaronder was vroue wat kinders voortgebring het.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com