Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Lamentations 5

[1] [2] [3] [4] [5]

LAM 5:1 Dink, HERE, aan wat oor ons gekom het, sien en aanskou ons smaad.
LAM 5:2 Ons erfdeel het na vreemdes oorgegaan, ons huise na uitlanders.
LAM 5:3 Ons het wese geword, sonder 'n vader, ons moeders is soos weduwees.
LAM 5:4 Ons water drink ons vir geld, ons hout kom teen betaling in.
LAM 5:5 Ons vervolgers is op ons nek; ons is afgemat sonder dat daar rus aan ons gegun word.
LAM 5:6 Na Egipte het ons die hand uitgestrek, na Assur om met brood versadig te word.
LAM 5:7 Ons vaders het gesondig; hulle is daar nie meer nie, en óns dra hulle ongeregtighede.
LAM 5:8 Knegte heers oor ons, niemand ruk ons uit hulle hand weg nie.
LAM 5:9 Met lewensgevaar bring ons ons brood in vanweë die swaard van die woestyn.
LAM 5:10 Ons vel gloei soos 'n oond vanweë die gloed van die honger.
LAM 5:11 Hulle het vroue in Sion onteer, jonkvroue in die stede van Juda.
LAM 5:12 Vorste is deur hulle hand opgehang, die persoon van die grysaards nie geëer nie.
LAM 5:13 Jongmanne dra die handmeul, en seuns struikel onder die drag hout.
LAM 5:14 Die oudstes is nie meer in die poort nie, die jongmanne sonder hulle snarespel.
LAM 5:15 Die vreugde van ons hart het opgehou, ons koordans het in treurigheid verander.
LAM 5:16 Die kroon van ons hoof het geval; wee ons, dat ons gesondig het.
LAM 5:17 Hierom het ons hart krank geword, hierom is ons oë verduister:
LAM 5:18 ter wille van die berg Sion wat woes lê, waar die jakkalse op rondloop.
LAM 5:19 U, HERE, sit vir ewig, u troon is van geslag tot geslag.
LAM 5:20 Waarom sou U ons vir altyd vergeet, ons verlaat tot in lengte van dae?
LAM 5:21 Bekeer ons tot U, HERE, dan sal ons ons bekeer; vernuwe ons dae soos in die voortyd.
LAM 5:22 Of het U ons heeltemal verwerp, is u toorn teen ons alte groot?

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com