Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

1 Samuel 19

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31]

1SAM 19:1 Daarna het Saul met sy seun Jónatan en met al sy dienaars gespreek om Dawid dood te maak; maar Jónatan, die seun van Saul, het baie van Dawid gehou;
1SAM 19:2 en Jónatan het dit aan Dawid meegedeel en gesę: My vader Saul soek geleentheid om jou dood te maak: pas dan nou môre vroeg op en hou jou verborge en steek jou weg.
1SAM 19:3 Dan sal ek uitgaan en langs my vader gaan staan in die veld waar jy is, en ek sal met my vader oor jou spreek; en as ek iets sien, sal ek jou dit meedeel.
1SAM 19:4 Jónatan het toe goed van Dawid gespreek by sy vader Saul en vir hom gesę: Laat die koning hom tog nie besondig aan sy dienaar Dawid nie, omdat hy nie teen u gesondig het nie, en omdat sy handelwyse u geheel ten goede kom:
1SAM 19:5 hy het sy lewe gewaag en die Filistyn verslaan, en die HERE het aan die hele Israel 'n groot oorwinning besorg. U het dit gesien en u was bly; waarom sal u dan aan onskuldige bloed u besondig deur Dawid sonder oorsaak dood te maak?
1SAM 19:6 En Saul het na Jónatan geluister, en Saul het gesweer: So waar as die HERE leef, hy sal nie gedood word nie!
1SAM 19:7 Daarop het Jónatan Dawid geroep, en Jónatan het al hierdie woorde aan hom meegedeel. En Jónatan het Dawid na Saul gebring, en hy was voor hom soos gister en eergister.
1SAM 19:8 En toe daar weer oorlog kom, het Dawid uitgetrek en teen die Filistyne geveg en 'n groot slag onder hulle geslaan, sodat hulle voor hom uit gevlug het.
1SAM 19:9 Maar 'n bose gees van die HERE het oor Saul gekom terwyl hy in sy huis sit met sy spies in sy hand en Dawid met die hand op die snare speel.
1SAM 19:10 Toe probeer Saul om Dawid met die spies teen die muur vas te steek, maar hy het vir Saul gekoes, sodat hy die spies teen die muur vasgooi. En Dawid het gevlug en daardie nag vrygekom.
1SAM 19:11 Maar Saul het boodskappers na Dawid se huis gestuur om hom te bewaak en hom die môre vroeg dood te maak. Maar sy vrou Migal het dit aan Dawid meegedeel en gesę: As jy nie vannag jou lewe red nie, word jy môre gedood.
1SAM 19:12 Migal het Dawid toe deur die venster laat afsak; en hy het weggegaan en gevlug en vrygekom.
1SAM 19:13 Daarop neem Migal die huisgod en lę dit op die bed neer, en sy sit die net van bokhaar aan sy koppenent en bedek dit met 'n kombers.
1SAM 19:14 Toe Saul dan boodskappers stuur om Dawid te gaan haal, sę sy: Hy is siek.
1SAM 19:15 Daarop stuur Saul die boodskappers om Dawid te besoek met die opdrag: Bring hom met bed en al na my toe, dat ek hom kan ombring.
1SAM 19:16 Toe die boodskappers inkom, lę die huisgod daar op die bed en die net van bokhaar aan sy koppenent!
1SAM 19:17 En Saul sę vir Migal: Waarom het jy my so bedrieg en my vyand laat gaan, sodat hy vrygekom het? Maar Migal het Saul geantwoord: Hy het vir my gesę: Laat my gaan, of ek maak jou dood.
1SAM 19:18 Intussen het Dawid gevlug en vrygeraak en by Samuel in Rama gekom en hom meegedeel alles wat Saul hom aangedoen het. Toe het hy saam met Samuel weggegaan, en hulle het in Najot gebly.
1SAM 19:19 En aan Saul is meegedeel en gesę: Kyk, Dawid is in Najot by Rama.
1SAM 19:20 Daarop stuur Saul boodskappers om Dawid te gaan haal. Maar toe hulle die skare profete sien profeteer, met Samuel as leier aan hulle hoof, het die Gees van God oor die boodskappers van Saul gekom, sodat hulle ook geprofeteer het.
1SAM 19:21 Toe hulle dit aan Saul meedeel, het hy ander boodskappers gestuur, maar hulle het ook geprofeteer; en Saul het die derde keer weer boodskappers gestuur, maar hulle het ook geprofeteer.
1SAM 19:22 En hy het self ook na Rama gegaan en by die groot put gekom wat by Segu is, en gevra en gesę: Waar is Samuel en Dawid? En hulle antwoord: Daar in Najot by Rama.
1SAM 19:23 Hierop gaan hy daarheen, na Najot by Rama; en die Gees van God het ook oor hom gekom, sodat hy aldeur geloop en profeteer het totdat hy in Najot by Rama aangekom het.
1SAM 19:24 Hy het ook self sy klere uitgetrek en ook voor Samuel geprofeteer en ontbloot neergeval daardie hele dag en die hele nag. Daarom sę hulle: Is Saul ook onder die profete?

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com