Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

1 Timothy 2

[1] [2] [3] [4] [5] [6]

1TIM 2:1 In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense;
1TIM 2:2 vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.
1TIM 2:3 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser,
1TIM 2:4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.
1TIM 2:5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,
1TIM 2:6 wat Homself gegee het as 'n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd,
1TIM 2:7 waartoe ek aangestel is as 'n prediker en apostel--ek sê die waarheid in Christus, ek lieg nie--'n leraar van die heidene in geloof en waarheid.
1TIM 2:8 Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis.
1TIM 2:9 So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie,
1TIM 2:10 maar, soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke.
1TIM 2:11 Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid.
1TIM 2:12 Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.
1TIM 2:13 Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva.
1TIM 2:14 En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.
1TIM 2:15 Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com