Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

1 Timothy 5

[1] [2] [3] [4] [5] [6]

1TIM 5:1 'n Bejaarde man moet jy nie hard bestraf nie, maar vermaan hom soos 'n vader, jongeres soos broers,
1TIM 5:2 bejaarde vroue soos moeders, jongeres soos susters in alle reinheid.
1TIM 5:3 Eer die weduwees wat waarlik weduwees is.
1TIM 5:4 Maar as 'n weduwee kinders of kleinkinders het, laat hulle eers leer om teenoor hulle eie huis eerbied te betoon en vergelding te doen aan hulle ouers; want dit is goed en aangenaam voor God.
1TIM 5:5 En sy wat waarlik weduwee is en alleen gelaat is, hoop op God en bly in smekinge en gebede nag en dag.
1TIM 5:6 Maar sy wat losbandig is, is lewendig dood.
1TIM 5:7 Beveel ook hierdie dinge, sodat hulle onberispelik kan wees.
1TIM 5:8 Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as 'n ongelowige.
1TIM 5:9 Laat 'n weduwee gekies word, nie minder as sestig jaar oud nie, wat die vrou van een man gewees het
1TIM 5:10 en getuienis het van goeie werke, as sy kinders grootgemaak het, gasvry gewees het, die voete van die heiliges gewas het, verdruktes gehelp en elke goeie werk nagestreef het.
1TIM 5:11 Maar jy moet die jong weduwees afwys; want wanneer hulle tot oneer van Christus wellustig word, wil hulle trou
1TIM 5:12 en kom onder 'n oordeel, omdat hulle hul eerste geloof verwerp het.
1TIM 5:13 En tegelykertyd leer hulle ook om ledig by die huise rond te gaan; en nie alleen is hulle ledig nie, maar ook praatsiek en bemoeisiek, want hulle praat wat nie behoorlik is nie.
1TIM 5:14 Ek wil dan hê dat die jong weduwees moet trou, kinders baar, hulle huise regeer en die teëparty geen aanleiding gee om kwaad te spreek nie.
1TIM 5:15 Want sommige het al afgewyk agter die Satan aan.
1TIM 5:16 As 'n gelowige man of 'n gelowige vrou weduwees by hulle het, moet dié aan hulle hulp verleen; en laat die gemeente nie beswaar word nie, sodat dit die wat waarlik weduwees is, kan help.
1TIM 5:17 Laat die ouderlinge wat goed regeer, dubbele eer waardig geag word, veral die wat arbei in woord en leer.
1TIM 5:18 Want die Skrif sê: Jy mag 'n os wat graan dors, nie muilband nie; en: Die arbeider is sy loon werd.
1TIM 5:19 Moenie 'n beskuldiging teen 'n ouderling aanneem nie, behalwe op die getuienis van twee of drie.
1TIM 5:20 Bestraf die wat sondig, in die teenwoordigheid van almal, sodat ook die ander kan vrees.
1TIM 5:21 Ek besweer jou voor God en die Here Jesus Christus en die uitverkore engele dat jy hierdie dinge sonder vooroordeel in ag neem en niks uit partydigheid doen nie.
1TIM 5:22 Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.
1TIM 5:23 Moenie langer water alleen drink nie, maar gebruik 'n bietjie wyn ter wille van jou maag en jou herhaalde ongesteldhede.
1TIM 5:24 Die sondes van sommige mense is baie duidelik en gaan voor hulle uit tot die oordeel, maar volg ander eers agterna.
1TIM 5:25 Net so is ook die goeie werke baie duidelik, en ook die wat anders is, kan nie weggesteek word nie.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com