Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

2 Kings 21

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25]

2KINGS 21:1 Manasse was twaalf jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf en vyftig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Hefsíba.
2KINGS 21:2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, volgens die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdrywe het.
2KINGS 21:3 En hy het die hoogtes weer gebou wat sy vader Hiskía verniel het, en altare opgerig vir Baäl en 'n heilige boomstam gemaak, soos Agab, die koning van Israel, gemaak het, en hom gebuig voor die hele leër van die hemel en hulle gedien;
2KINGS 21:4 ook het hy altare gebou in die huis van die HERE, waarvan die HERE gesê het: In Jerusalem sal Ek my Naam vestig.
2KINGS 21:5 En hy het altare gebou vir die hele leër van die hemel in altwee die voorhowe van die huis van die HERE;
2KINGS 21:6 ook sy seun deur die vuur laat deurgaan en met goëlery en verklarings van voortekens omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE om Hom te terg.
2KINGS 21:7 Hy het ook 'n gesnede beeld van Asjéra wat deur hom gemaak is, in die tempel gesit, waarvan die HERE vir Dawid en sy seun Salomo gesê het: In hierdie huis en in Jerusalem wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel, sal Ek vir ewig my Naam vestig.
2KINGS 21:8 En Ek sal die voet van Israel nie meer laat rondswerwe uit die land wat Ek aan hulle vaders gegee het nie, as hulle net sorgvuldig handel volgens alles wat Ek hulle beveel het, en volgens die hele wet wat my kneg Moses hulle beveel het.
2KINGS 21:9 Maar hulle het nie geluister nie; en Manasse het hulle verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdelg het.
2KINGS 21:10 Toe het die HERE deur die diens van sy knegte, die profete, gespreek en gesê:
2KINGS 21:11 Omdat Manasse, die koning van Juda, hierdie gruwels gedoen het--erger as alles wat die Amoriete gedoen het wat voor hom was, en selfs Juda laat sondig het deur sy drekgode--
2KINGS 21:12 daarom, so sê die HERE, die God van Israel: Kyk, Ek sal 'n onheil oor Jerusalem en Juda bring, waarvan elkeen wat dit hoor, se twee ore sal tuit.
2KINGS 21:13 En Ek sal oor Jerusalem die meetsnoer van Samaría span en die skietlood van die huis van Agab, en Jerusalem wegvee soos 'n mens 'n skottel uitvee: hy vee dit uit en keer dit onderstebo.
2KINGS 21:14 En Ek sal die oorblyfsels van my erfdeel verwerp en hulle in die hand van hul vyande oorgee, sodat hulle vir al hul vyande 'n buit en 'n plundering sal word;
2KINGS 21:15 omdat hulle gedoen het wat verkeerd was in my oë, en My gedurig geterg het van die dag af dat hulle vaders uit Egipte uitgetrek het, tot vandag toe.
2KINGS 21:16 En Manasse het ook vreeslik baie onskuldige bloed vergiet totdat hy Jerusalem van end tot end daarmee gevul het, behalwe sy sonde waarmee hy Juda laat sondig het om te doen wat verkeerd was in die oë van die HERE.
2KINGS 21:17 En die verdere geskiedenis van Manasse en alles wat hy gedoen het, en sy sonde wat hy begaan het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
2KINGS 21:18 En Manasse het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die tuin van sy huis, in die tuin van Ussa; en sy seun Amon het in sy plek koning geword.
2KINGS 21:19 Amon was twee en twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het twee jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Mesullémet, 'n dogter van Harus, uit Jotba.
2KINGS 21:20 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, soos sy vader Manasse gedoen het.
2KINGS 21:21 En hy het geheel en al gewandel in die weg wat sy vader bewandel het, en die drekgode gedien wat sy vader gedien het en hom voor hulle neergebuig.
2KINGS 21:22 En hy het die HERE, die God van sy vaders, verlaat en nie in die weg van die HERE gewandel nie.
2KINGS 21:23 En die dienaars van Amon het 'n sameswering teen hom gesmee en die koning in sy huis omgebring.
2KINGS 21:24 Maar die volk van die land het al die samesweerders teen koning Amon doodgeslaan, en die volk van die land het sy seun Josía in sy plek koning gemaak.
2KINGS 21:25 En die verdere geskiedenis van Amon, wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
2KINGS 21:26 En hy is begrawe in sy graf, in die tuin van Ussa; en sy seun Josía het in sy plek koning geword.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com