Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Hosea 6

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14]

HOS 6:1 Kom en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind.
HOS 6:2 Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe.
HOS 6:3 En laat ons ken--laat ons dit najaag om die HERE te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.
HOS 6:4 Wat sal Ek met jou doen, o Efraim; wat sal Ek met jou doen, o Juda? aangesien julle liefde is soos 'n môrewolk en soos 'n dou wat vroeg weer verdwyn.
HOS 6:5 Daarom het Ek hulle neergekap deur die profete, hulle gedood deur die woorde van my mond, en die oordele oor jou kom te voorskyn soos 'n ligstraal.
HOS 6:6 Want Ek het 'n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.
HOS 6:7 Maar hulle het soos Adam die verbond oortree, daar het hulle troueloos teen My gehandel.
HOS 6:8 Gílead is 'n stad van kwaaddoeners, vol bloedspore.
HOS 6:9 En soos 'n rower op die loer lê, loer 'n priesterbende; hulle pleeg moord op die pad na Sigem, ja, hulle het skandelike dade gedoen.
HOS 6:10 In die huis van Israel het Ek 'n afskuwelike ding gesien: Efraim het daar tot hoerery verval, Israel is verontreinig.
HOS 6:11 Ook vir jou, o Juda, is daar 'n oes beskik as Ek die lot van my volk verander.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com