Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Nehemiah 11

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13]

NEH 11:1 En die owerstes van die volk het in Jerusalem gewoon, maar die res van die volk het die lot gewerp om een uit tien daartoe te bring om in die heilige stad Jerusalem te woon, en nege dele in die stede.
NEH 11:2 En die volk het al die manne geseën wat hulle vrywillig aangebied het om in Jerusalem te woon.
NEH 11:3 En dit is die hoofde van die provinsie wat in Jerusalem gewoon het. In die stede van Juda het hulle elkeen in sy besitting in hulle stede gewoon: Israeliete, die priesters en die Leviete en die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo.
NEH 11:4 En in Jerusalem het van die kinders van Juda en van die kinders van Benjamin gewoon. Van die kinders van Juda: Atája, die seun van Ussía, die seun van Sagaría, die seun van Amárja, die seun van Sefátja, die seun van Mehaláleël, van die seuns van Peres;
NEH 11:5 en Maäséja, die seun van Barug, die seun van Kolhóse, die seun van Hasája, die seun van Adája, die seun van Jójarib, die seun van Sagaría, die Selaniet.
NEH 11:6 Al die seuns van Peres wat in Jerusalem gewoon het, was vier honderd agt en sestig, krygsmanne.
NEH 11:7 En dit is die kinders van Benjamin: Sallu, die seun van Mesúllam, die seun van Joëd, die seun van Pedája, die seun van Kolája, die seun van Maäséja, die seun van Itiël, die seun van Jesaja;
NEH 11:8 en ná hom Gábbai-Sállai, nege honderd agt en twintig.
NEH 11:9 En Joël, die seun van Sigri, was opsigter oor hulle; en Juda, die seun van Hassénua, was tweede in rang oor die stad.
NEH 11:10 Van die priesters: Jedája, die seun van Jójarib, Jagin,
NEH 11:11 Serája, die seun van Hilkía, die seun van Mesúllam, die seun van Sadok, die seun van Mérajot, die seun van Ahítub, die vors van die huis van God.
NEH 11:12 En hulle broers wat die werk verrig het in die tempel, was agt honderd twee en twintig; en Adája, die seun van Jeróham, die seun van Pelálja, die seun van Amsi, die seun van Sagaría, die seun van Pasgur, die seun van Malkía,
NEH 11:13 en sy broers, familiehoofde, was twee honderd twee en veertig; en Amásai, die seun van Asáreël, die seun van Agsai, die seun van Mesíllemot, die seun van Immer,
NEH 11:14 en hulle broers, dapper helde, was honderd agt en twintig, en opsigter oor hulle was Sábdiël, die seun van Haggedólim.
NEH 11:15 En van die Leviete: Semája, die seun van Hassub, die seun van Asríkam, die seun van Hasábja, die seun van Bunni,
NEH 11:16 en Sábbetai en Jósabad, van die hoofde van die Leviete, was oor die buitewerk van die huis van God.
NEH 11:17 En Mattánja, die seun van Miga, die seun van Sabdi, die seun van Asaf, leier van die lofsang, wat die "Loof Hom" aanhef by die gebed; en Bakbúkja, die tweede in rang onder sy broers; en Abda, die seun van Sámmua, die seun van Galal, die seun van Jedútun.
NEH 11:18 Al die Leviete in die heilige stad was twee honderd vier en tagtig.
NEH 11:19 En die poortwagters: Akkub, Talmon, en hulle broers wat wag gehou het by die poorte, was honderd twee en sewentig.
NEH 11:20 En die ander Israeliete, priesters en Leviete, was in al die stede van Juda, elkeen in sy erfdeel.
NEH 11:21 En die tempelbediendes het gewoon op die Heuwel; en Siha en Gispa was oor die tempelbediendes.
NEH 11:22 En opsigter van die Leviete in Jerusalem was Ussi, die seun van Bani, die seun van Hasábja, die seun van Mattánja, die seun van Miga, van die seuns van Asaf, die sangers, vir die werk in die huis van God;
NEH 11:23 want daar was 'n bevel van die koning aangaande hulle: 'n vaste ordening vir die sangers, na die eis van elke dag.
NEH 11:24 En Petágja, die seun van Mesesábeël, van die seuns van Serag, die seun van Juda, was verteenwoordiger van die koning in enige saak van die volk.
NEH 11:25 En wat die dorpe in hulle buiteveld betref, van die kinders van Juda het gewoon in Kirjat-Arba en sy onderhorige plekke, en in Dibon en sy onderhorige plekke, en in Jekábseël en sy dorpe,
NEH 11:26 en in Jésua en in Moláda en in Bet-Pelet
NEH 11:27 en in Hasar-Sual en in Berséba en sy onderhorige plekke,
NEH 11:28 en in Siklag en in Megóna en sy onderhorige plekke,
NEH 11:29 en in en Rimmon en in Sorea en in Jarmut,
NEH 11:30 Sanóag, Adúllam en hulle dorpe, Lagis en sy buiteveld, Aséka en sy onderhorige plekke; en hulle het in laers gestaan van Berséba af tot by die dal Hinnom.
NEH 11:31 En die kinders van Benjamin: van Geba af in Migmas en Aja en Bet-el en sy onderhorige plekke,
NEH 11:32 Anatot, Nob, Anánja,
NEH 11:33 Hasor, Rama, Gíttaim,
NEH 11:34 Hadid, Sebóim, Nebállat,
NEH 11:35 Lod en Ono, die Handwerkersdal.
NEH 11:36 En van die Leviete het afdelings van Juda by Benjamin behoort.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com