Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Nehemiah 12

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13]

NEH 12:1 En dit is die priesters en die Leviete wat saam met Serubbábel, die seun van Seáltiël, en Jésua opgetrek het: Serája, Jeremía, Esra,
NEH 12:2 Amárja, Mallug, Hattus,
NEH 12:3 Segánja, Rehum, Méremot,
NEH 12:4 Iddo, Gínnetoi, Abía,
NEH 12:5 Míjamin, Maädja, Bilga,
NEH 12:6 Semája en Jójarib, Jedája,
NEH 12:7 Sallu, Amok, Hilkía, Jedája; dit was die hoofde van die priesters en van hulle broers in die dae van Jésua.
NEH 12:8 En die Leviete was: Jésua, Bínnuď, Kádmiël, Serébja, Juda, Mattánja wat met sy broers die leiding by die kore gehad het.
NEH 12:9 En Bakbúkja en Unni, hulle broers, het by die dienste teenoor hulle gestaan.
NEH 12:10 En Jésua was die vader van Jójakim; en Jójakim was die vader van Éljasib, en Éljasib die vader van Jójada,
NEH 12:11 en Jójada die vader van Jónatan, en Jónatan die vader van Jaddúa.
NEH 12:12 En in die dae van Jójakim was die priesterlike familiehoofde: van Serája, Merája; van Jeremía, Hanánja;
NEH 12:13 van Esra, Mesúllam; van Amárja, Jóhanan;
NEH 12:14 van Mallugi, Jónatan; van Sebánja, Josef;
NEH 12:15 van Harim, Adna; van Mérajot, Hélkai;
NEH 12:16 van Iddo, Sagaría; van Gínneton, Mesúllam;
NEH 12:17 van Abía, Sigri; van Mínjamin, van Moádja, Píltai;
NEH 12:18 van Bilga, Sámmua; van Semája, Jónatan;
NEH 12:19 en van Jójarib, Máttenai; van Jedája, Ussi;
NEH 12:20 van Sállai, Kállai; van Amok, Heber;
NEH 12:21 van Hilkía, Hasábja; van Jedája, Netáneël.
NEH 12:22 Wat die Leviete betref--in die dae van Éljasib, Jójada en Jóhanan en Jaddúa is die familiehoofde opgeskrywe, en die priesters tot aan die regering van Daríus, die Pers.
NEH 12:23 Die kinders van Levi, die familiehoofde, is opgeskrywe in die boek van die kronieke tot die dae van Jóhanan, die seun van Éljasib.
NEH 12:24 En die hoofde van die Leviete was: Hasábja, Serébja en Jésua, Kádmiël, en hulle broers was teenoor hulle om te loof en te dank volgens die bevel van Dawid, die man van God, wag naas wag:
NEH 12:25 Mattánja en Bakbúkja, Obádja. Mesúllam, Talmon, Akkub was poortwagters wat wag gehou het by die voorraadkamers van die poorte.
NEH 12:26 Hulle was in die dae van Jójakim, die seun van Jésua, die seun van Jósadak, en in die dae van Nehemía, die goewerneur, en van die priester Esra, die skrifgeleerde.
NEH 12:27 En by die inwyding van die muur van Jerusalem is die Leviete uit al hulle woonplekke gesoek, om hulle na Jerusalem te bring ten einde die inwyding te hou met vreugde en dankliedere en met gesang, simbale, harpe en siters.
NEH 12:28 Toe het die seuns van die sangers byeengekom uit die streek rondom Jerusalem sowel as uit die dorpe van die Netofatiete,
NEH 12:29 en uit Bet-Gilgal en uit die buiteveld van Geba en Asmáwet, want die sangers het vir hulle dorpe rondom Jerusalem gebou.
NEH 12:30 En die priesters en die Leviete het hulleself gereinig, en die volk en die poorte en die muur gereinig.
NEH 12:31 En ek het die owerstes van Juda bo-op die muur laat klim en twee groot kore opgestel en optogte, een na regs bo-op die muur na die Aspoort toe;
NEH 12:32 en agter hulle aan het geloop: Hosája en die helfte van die owerstes van Juda,
NEH 12:33 en Asárja, Esra en Mesúllam,
NEH 12:34 Juda en Benjamin en Semája en Jeremía,
NEH 12:35 en van die seuns van die priesters met trompette, Sagaría, die seun van Jónatan, die seun van Semája, die seun van Mattánja, die seun van Migája, die seun van Sakkur, die seun van Asaf,
NEH 12:36 en sy broers Semája en Asáreël, Mílalai, Gílalai, Maäi, Netáneël en Juda, Hanáni, met die musiekinstrumente van Dawid, die man van God; en Esra, die skrifgeleerde, voor hulle uit.
NEH 12:37 En by die Fonteinpoort het hulle, reg voor hulle uit, met die trappe van die Dawidstad opgegaan, waar die muur opgaan bo die huis van Dawid, tot by die Waterpoort teen die ooste.
NEH 12:38 En die tweede koor het in teenoorgestelde rigting getrek, en ek met die helfte van die volk agteraan, bo-op die muur by die Bakoond-toring langs tot by die Breë Muur;
NEH 12:39 verder by die Efraimspoort langs en die Ou Poort en die Vispoort en die toring Hanáneël en die toring Hamméa tot by die Skaapspoort; en hulle het bly staan by die Gevangenispoort.
NEH 12:40 Toe het die twee kore in die huis van God gaan staan, en ek en die helfte van die leiers met my saam;
NEH 12:41 en die priesters Éljakim, Maäséja, Mínjamin, Migája, Eljoënai, Sagaría, Hanánja met trompette,
NEH 12:42 en Maäséja en Semája en Eleásar en Ussi en Jóhanan en Malkía en Elam en Eser. En die sangers het hulle laat hoor, en Jisrágja was die leier.
NEH 12:43 En op dié dag het hulle groot offers gebring en was vrolik; want God het hulle groot vreugde verskaf, en ook die vroue en kinders was vrolik, sodat die vreugde van Jerusalem tot ver weg gehoor is.
NEH 12:44 En op dié dag is manne aangestel oor die kamers vir die voorrade, die offergawes, die eerstelinge en die tiendes, om daarin die wetlike aandele volgens die landerye van die stede vir die priesters en die Leviete te versamel; want Juda was bly oor die priesters en die Leviete wat in die diens gestaan het.
NEH 12:45 En hulle het die ordening van hulle God en die reinigingsordening onderhou; ook die sangers en die poortwagters, volgens die bevel van Dawid en sy seun Salomo.
NEH 12:46 Want in die dae van Dawid en Asaf, van die voortyd af, lę die oorsprong van die sangers en leiers van die lofsang en die danksegging aan God.
NEH 12:47 En die hele Israel het in die dae van Serubbábel en in die dae van Nehemía die aandele van die sangers en van die poortwagters gegee, na die eis van elke dag; en hulle het die heilige gawes afgegee aan die Leviete, en die Leviete aan die seuns van Aäron.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com