Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Judges 10

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21]

JUDG 10:1 En ná Abiméleg het Tola, die seun van Pua, die seun van Dodo, 'n man uit Issaskar, opgetree om Israel te verlos; en hy het gewoon in Samir op die gebergte van Efraim.
JUDG 10:2 En hy het Israel drie en twintig jaar lank gerig; en hy het gesterwe en is in Samir begrawe.
JUDG 10:3 En ná hom het Jaïr, die Gileadiet, opgetree, en hy het Israel twee en twintig jaar lank gerig.
JUDG 10:4 En hy het dertig seuns gehad, wat op dertig jong esels gery en dertig stede gehad het; dié word tot vandag toe die Jaïrsdorpe genoem wat in die land Gílead lê.
JUDG 10:5 En Jaïr het gesterwe en is in Kamon begrawe.
JUDG 10:6 En die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en hulle het die Baäls en die Astartes gedien, en die gode van Aram en die gode van Sidon en die gode van Moab en die gode van die kinders van Ammon en die gode van die Filistyne, en hulle het die HERE verlaat en Hom nie gedien nie.
JUDG 10:7 Daarom het die toorn van die HERE ontvlam teen Israel, en Hy het hulle verkoop in die hand van die Filistyne en in die hand van die kinders van Ammon.
JUDG 10:8 En hulle het die kinders van Israel verpletter en verdruk in daardie jaar, agttien jaar lank, al die kinders van Israel wat oorkant die Jordaan gewoon het in die land van die Amoriete, wat in Gílead was.
JUDG 10:9 Daarby het die kinders van Ammon die Jordaan oorgetrek om ook teen Juda en Benjamin en die huis van Efraim te veg, sodat Israel dit baie benoud gehad het.
JUDG 10:10 Toe roep die kinders van Israel die HERE aan en sê: Ons het teen U gesondig, want ons het onse God verlaat en die Baäls gedien.
JUDG 10:11 Maar die HERE het aan die kinders van Israel gesê: Het Ek julle nie van die Egiptenaars en van die Amoriete, van die kinders van Ammon en van die Filistyne--
JUDG 10:12 en toe die Sidoniërs en Amalekiete en Maoniete julle verdruk en julle My aangeroep het--julle uit hulle hand verlos nie?
JUDG 10:13 Maar julle het My verlaat en ander gode gedien; daarom sal Ek julle nie meer verlos nie.
JUDG 10:14 Gaan heen en roep die gode aan wat julle verkies het; laat dié julle verlos in die tyd van julle benoudheid.
JUDG 10:15 Toe sê die kinders van Israel aan die HERE: Ons het gesondig; maak met ons net soos dit goed is in u oë; verlos ons tog net vandag.
JUDG 10:16 En hulle het die vreemde gode uit hulle midde verwyder en die HERE gedien; toe het Hy ongeduldig geword oor die moeite van Israel.
JUDG 10:17 En die kinders van Ammon is byeengeroep en het laer opgeslaan in Gílead; maar die kinders van Israel het bymekaargekom en laer opgeslaan by Mispa.
JUDG 10:18 Toe sê die manskappe, die vorste van Gílead, die een aan die ander: Wie is die man wat sal begin om te veg teen die kinders van Ammon? Hy sal hoof wees oor al die inwoners van Gílead.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com