Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Romans 12

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16]

ROM 12:1 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.
ROM 12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
ROM 12:3 Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat 'n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.
ROM 12:4 Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie,
ROM 12:5 so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.
ROM 12:6 En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is:
ROM 12:7 is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering;
ROM 12:8 of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie 'n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid.
ROM 12:9 Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan;
ROM 12:10 wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning;
ROM 12:11 wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here;
ROM 12:12 verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.
ROM 12:13 Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid;
ROM 12:14 seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie;
ROM 12:15 wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween;
ROM 12:16 wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie;
ROM 12:17 vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense;
ROM 12:18 as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.
ROM 12:19 Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.
ROM 12:20 As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop.
ROM 12:21 Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com