Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

1 Chronicles 10

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29]

1CHRON 10:1 En die Filistyne het teen Israel geveg, en die manne van Israel het vir die Filistyne weggevlug, en gesneuweldes het op die gebergte Gilbóa gelę.
1CHRON 10:2 En die Filistyne het Saul en sy seuns agternagesit, en die Filistyne het Jónatan en Abinádab en Malkisúa, die seuns van Saul, gedood.
1CHRON 10:3 En toe die geveg swaar word teen Saul en die boogskutters hom aantref, het hy gebewe van angs vir die skutters.
1CHRON 10:4 En Saul het aan sy wapendraer gesę: Trek jou swaard uit en deurboor my daarmee; anders kom hierdie onbesnedenes en dryf die spot met my. Maar sy wapendraer wou nie, omdat hy baie bevrees was. Daarop neem Saul die swaard en val daarin.
1CHRON 10:5 Toe sy wapendraer sien dat Saul dood was, val hy self ook in die swaard, sodat hy gesterf het.
1CHRON 10:6 So het Saul en sy drie seuns dan gesterwe; en sy hele huis, almal saam, het gesterwe.
1CHRON 10:7 Toe al die manne van Israel wat in die vlakte was, sien dat hulle gevlug het, en dat Saul en sy seuns dood was, het hulle hul stede verlaat en gevlug; en die Filistyne het gekom en daarin gaan woon.
1CHRON 10:8 En toe die Filistyne die volgende dag kom om die gesneuweldes te plunder, vind hulle Saul en sy seuns nog daar lę op die gebergte Gilbóa.
1CHRON 10:9 En hulle het hom uitgetrek en sy hoof en sy wapens saamgeneem en dit in die land van die Filistyne rondgestuur om die blye boodskap vir hulle afgode en vir die volk te bring.
1CHRON 10:10 Daarna het hulle sy wapens in die huis van hulle god neergelę en sy hoofskedel in die huis van Dagon vasgeslaan.
1CHRON 10:11 Toe die hele Jabes in Gílead hoor alles wat die Filistyne aan Saul gedoen het,
1CHRON 10:12 het al die dapper manne hulle gereedgemaak en die lyk van Saul en die lyke van sy seuns saamgeneem en dit na Jabes gebring en hulle bene begrawe onder die terpentynboom in Jabes, en sewe dae lank gevas.
1CHRON 10:13 En Saul het gesterwe weens ontrou wat hy teen die HERE begaan het, weens die woord van die HERE wat hy nie gehou het nie; en ook omdat hy die gees van 'n afgestorwene om inligting gevra het,
1CHRON 10:14 maar die HERE nie geraadpleeg het nie. Daarom het Hy hom omgebring en die koningskap laat oorgaan op Dawid, die seun van Isai.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com