Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

1 Chronicles 25

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29]

1CHRON 25:1 En Dawid en die leërowerstes het vir die diens die seuns van Asaf en Heman en Jedútun afgesonder, wat op siters en op harpe en op simbale besield gespeel het, en die getal van hulle wat die werk volgens hulle diens gedoen het, was--
1CHRON 25:2 van die seuns van Asaf: Sakkur en Josef en Netánja en Asaréla, die seuns van Asaf; onder leiding van Asaf wat volgens aanwysing van die koning besield gespeel het.
1CHRON 25:3 Van Jedútun, die seuns van Jedútun was Gedálja en Seri en Jesaja, Hasábja, Símeď en Mattítja, ses, onder leiding van hulle vader Jedútun wat op die siter besield gespeel het by die loof en prys van die HERE;
1CHRON 25:4 van Heman, die seuns van Heman was Bukkía, Mattánja, Ussiël, Sébuel en Jérimot, Hanánja, Hanáni, Eliáta, Giddálti en Romámti-Eser, Josbekása, Mallóti, Hotir, Mahásiot.
1CHRON 25:5 Hulle almal was seuns van Heman, die siener van die koning in die woorde van God. Om hom te versterk, het God aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee.
1CHRON 25:6 Hulle almal was onder leiding van hulle vader by die gesang in die huis van die HERE, met simbale, harpe en siters, vir die diens in die huis van God volgens aanwysing van die koning: Asaf en Jedútun en Heman.
1CHRON 25:7 En hulle getal saam met hulle broers wat geoefend was in die gesang tot eer van die HERE, almal meesters, was twee honderd agt en tagtig.
1CHRON 25:8 En hulle het die lot gewerp vir die reëling van die diens, die kleinste net soos die grootste, die meester saam met die leerling.
1CHRON 25:9 En die eerste lot het uitgekom vir Asaf, naamlik vir Josef; die tweede vir Gedálja; hy en sy broers en sy seuns was twaalf;
1CHRON 25:10 die derde vir Sakkur; sy seuns en sy broers, twaalf;
1CHRON 25:11 die vierde vir Jisri; sy seuns en sy broers, twaalf;
1CHRON 25:12 die vyfde vir Netánja; sy seuns en sy broers, twaalf;
1CHRON 25:13 die sesde vir Bukkía; sy seuns en sy broers, twaalf;
1CHRON 25:14 die sewende vir Jesaréla; sy seuns en sy broers, twaalf;
1CHRON 25:15 die agtste vir Jesaja; sy seuns en sy broers, twaalf;
1CHRON 25:16 die negende vir Mattánja; sy seuns en sy broers, twaalf;
1CHRON 25:17 die tiende vir Símeď; sy seuns en sy broers, twaalf;
1CHRON 25:18 die elfde vir Asáreël; sy seuns en sy broers, twaalf;
1CHRON 25:19 die twaalfde vir Hasábja; sy seuns en sy broers, twaalf;
1CHRON 25:20 die dertiende vir Súbael; sy seuns en sy broers, twaalf;
1CHRON 25:21 die veertiende vir Mattítja; sy seuns en sy broers, twaalf;
1CHRON 25:22 die vyftiende vir Jéremot; sy seuns en sy broers, twaalf;
1CHRON 25:23 die sestiende vir Hanánja; sy seuns en sy broers, twaalf;
1CHRON 25:24 die sewentiende vir Josbekása; sy seuns en sy broers, twaalf;
1CHRON 25:25 die agttiende vir Hanáni; sy seuns en sy broers, twaalf;
1CHRON 25:26 die negentiende vir Mallóti; sy seuns en sy broers, twaalf;
1CHRON 25:27 die twintigste vir Eliáta; sy seuns en sy broers, twaalf;
1CHRON 25:28 die een en twintigste vir Hotir; sy seuns en sy broers, twaalf;
1CHRON 25:29 die twee en twintigste vir Giddálti; sy seuns en sy broers, twaalf;
1CHRON 25:30 die drie en twintigste vir Mahásiot; sy seuns en sy broers, twaalf;
1CHRON 25:31 die vier en twintigste vir Romámti-Eser; sy seuns en sy broers, twaalf.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com