Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

1 Corinthians 10

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16]

1COR 10:1 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het,
1COR 10:2 en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see,
1COR 10:3 en almal dieselfde geestelike spys geëet het,
1COR 10:4 en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit 'n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.
1COR 10:5 Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn.
1COR 10:6 En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie.
1COR 10:7 En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel.
1COR 10:8 En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval.
1COR 10:9 En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom.
1COR 10:10 En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom.
1COR 10:11 Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as 'n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.
1COR 10:12 Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.
1COR 10:13 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.
1COR 10:14 Daarom, my geliefdes, vlug vir die afgodediens.
1COR 10:15 Ek spreek soos met verstandige mense; oordeel self wat ek sê:
1COR 10:16 die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?
1COR 10:17 Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.
1COR 10:18 Let op Israel na die vlees: het die wat die offers eet, nie gemeenskap met die altaar nie?
1COR 10:19 Wat sê ek dan? Dat 'n afgod iets is, of dat 'n afgodsoffer iets is?
1COR 10:20 Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie.
1COR 10:21 Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie.
1COR 10:22 Of wil ons die ywer van die Here opwek? Is ons miskien sterker as Hy?
1COR 10:23 Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles stig nie.
1COR 10:24 Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van 'n ander.
1COR 10:25 Eet alles wat in die slaghuis verkoop word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.
1COR 10:26 Want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan.
1COR 10:27 En as een van die ongelowiges julle nooi en julle is gewillig om te gaan, eet dan alles wat julle voorgesit word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.
1COR 10:28 Maar as iemand aan julle sê: Dit is afgodsoffer--moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit te kenne gegee het, en ter wille van die gewete--want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan--
1COR 10:29 ek bedoel die gewete, nie van jouself nie, maar van die ander; want waarom word my vryheid geoordeel deur 'n ander se gewete?
1COR 10:30 En as ek iets met danksegging geniet, waarom word ek belaster oor iets waarvoor ek dank?
1COR 10:31 Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.
1COR 10:32 Wees geen oorsaak van struikeling vir Jode of Grieke of vir die gemeente van God nie;
1COR 10:33 net soos ek almal in alles behaag en nie my eie voordeel soek nie, maar dié van baie, sodat hulle gered kan word.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com