Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

1 Corinthians 11

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16]

1COR 11:1 Wees my navolgers, soos ek dit ook van Christus is.
1COR 11:2 En ek prys julle, broeders, dat julle in alles aan my dink en aan die leringe vashou soos ek dit aan julle oorgelewer het.
1COR 11:3 Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.
1COR 11:4 Elke man wat bid of profeteer met iets op sy hoof, doen sy hoof oneer aan;
1COR 11:5 maar elke vrou wat bid of profeteer met onbedekte hoof, doen haar hoof oneer aan; want dit is een en dieselfde asof haar hoof geskeer is.
1COR 11:6 Want as 'n vrou se hoof nie bedek is nie, laat sy dan ook haar hare afsny; maar as dit vir 'n vrou lelik is om haar hare af te sny of te skeer, laat sy haar hoof bedek.
1COR 11:7 Want 'n man moet die hoof nie bedek nie, omdat hy die beeld en heerlikheid van God is; maar die vrou is die heerlikheid van die man.
1COR 11:8 Want die man is nie uit die vrou nie, maar die vrou uit die man.
1COR 11:9 Want die man is ook nie ter wille van die vrou geskape nie, maar die vrou ter wille van die man.
1COR 11:10 Daarom moet die vrou 'n aanduiding van gesag op die hoof hê ter wille van die engele.
1COR 11:11 En tog, in die Here is die man nie sonder die vrou nie, en die vrou ook nie sonder die man nie.
1COR 11:12 Want soos die vrou uit die man is, so is ook die man deur middel van die vrou; maar alles is uit God.
1COR 11:13 Oordeel self: Is dit betaamlik dat 'n vrou met onbedekte hoof tot God bid?
1COR 11:14 Of leer ook die natuur self julle nie dat as 'n man lang hare dra, dit vir hom 'n oneer is nie;
1COR 11:15 maar as 'n vrou lang hare dra, dit vir haar 'n eer is, omdat die lang hare vir haar gegee is as 'n bedekking?
1COR 11:16 Maar as iemand meen om twisgierig te wees, ons het nie so 'n gewoonte nie, en ook die gemeentes van God nie.
1COR 11:17 Maar terwyl ek dit beveel, kan ek dit nie prys nie dat julle saamkom, nie ten goede nie maar ten kwade.
1COR 11:18 Want in die eerste plek hoor ek dat, as julle saamkom in die gemeente, daar skeuringe onder julle is, en gedeeltelik glo ek dit.
1COR 11:19 Want daar moet ook partyskappe onder julle wees, sodat die beproefdes onder julle openbaar kan word.
1COR 11:20 As julle dus saamkom, dan wil dit nie sê dat julle die nagmaal van die Here eet nie.
1COR 11:21 Want as julle eet, gebruik elkeen eers sy eie ete; en die een het honger en die ander is dronk.
1COR 11:22 Het julle dan geen huise om in te eet en te drink nie? Of verag julle die gemeente van God, en maak julle dié beskaamd wat nie het nie? Wat sal ek vir julle sê? Sal ek julle prys? Hierin prys ek julle nie.
1COR 11:23 Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het;
1COR 11:24 en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis.
1COR 11:25 Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.
1COR 11:26 Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.
1COR 11:27 Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.
1COR 11:28 Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink.
1COR 11:29 Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink 'n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.
1COR 11:30 Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en 'n aantal het ontslaap.
1COR 11:31 Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie.
1COR 11:32 Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.
1COR 11:33 Daarom, my broeders, as julle saamkom om te eet, wag vir mekaar;
1COR 11:34 en as iemand honger het, laat hom by die huis eet, sodat julle nie tot 'n oordeel saamkom nie. Die ander sake sal ek reël wanneer ek kom.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com