Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

1 Corinthians 16

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16]

1COR 16:1 Wat die insameling vir die heiliges betref, moet julle ook so doen soos ek vir die gemeentes van Galásië gereël het.
1COR 16:2 Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie.
1COR 16:3 En wanneer ek aangekom het, sal ek die persone wat julle goedkeur, met briewe stuur om julle gawe na Jerusalem te bring.
1COR 16:4 En as dit die moeite werd is dat ek ook gaan, kan hulle saam met my reis.
1COR 16:5 Maar ek sal na julle kom nadat ek deur Macedónië gereis het, want ek gaan deur Macedónië.
1COR 16:6 En moontlik sal ek by julle vertoef of ook oorwinter, sodat julle my kan voorthelp waarheen ek ook al mag reis.
1COR 16:7 Want ek wil julle nie nou net in die verbygaan sien nie, maar ek hoop om 'n tyd lank by julle te bly as die Here dit toelaat.
1COR 16:8 Maar ek sal in Éfese bly tot pinkster toe.
1COR 16:9 Want 'n groot en kragtige deur het vir my oopgegaan, en daar is baie teëstanders.
1COR 16:10 En as Timótheüs kom, sorg dat hy sonder vrees by julle is, want hy doen die werk van die Here net soos ek.
1COR 16:11 Laat niemand hom dan minag nie, maar help hom verder in vrede, dat hy na my toe kan kom; want ek wag vir hom saam met die broeders.
1COR 16:12 Met betrekking tot die broeder Apollos, by hom het ek sterk aangedring om saam met die broeders na julle te gaan; maar hy was heeltemal onwillig om nou te gaan; hy sal egter gaan wanneer die tyd vir hom geleë is.
1COR 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
1COR 16:14 Laat alles by julle in liefde geskied.
1COR 16:15 En ek versoek julle, broeders--julle weet dat die huisgesin van Stéfanas die eersteling van Acháje is en dat hulle hul tot diens van die heiliges gestel het--
1COR 16:16 dat julle ook onderworpe moet wees aan sulke mense en aan elkeen wat saamwerk en arbei.
1COR 16:17 En ek verbly my oor die aankoms van Stéfanas en Fortunátus en Acháïcus, omdat hulle my gemis aan julle vergoed het.
1COR 16:18 Want hulle het my gees verkwik en julle s'n ook. Erken sulke manne dan.
1COR 16:19 Die gemeentes van Asië groet julle. Aquila en Priscílla saam met die gemeente wat in hulle huis is, laat vir julle baie groete weet in die Here.
1COR 16:20 Al die broeders groet julle. Groet mekaar met 'n heilige kus.
1COR 16:21 Die groete van Paulus, met my eie hand.
1COR 16:22 As iemand die Here Jesus Christus nie liefhet nie, laat hom 'n vervloeking wees! Maranáta!
1COR 16:23 Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle!
1COR 16:24 My liefde met julle almal in Christus Jesus! Amen.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com