Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

1 Corinthians 12

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16]

1COR 12:1 En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie.
1COR 12:2 Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode net soos julle ook al gelei is.
1COR 12:3 Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus 'n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.
1COR 12:4 Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;
1COR 12:5 en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;
1COR 12:6 en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.
1COR 12:7 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.
1COR 12:8 Want aan die een word deur die Gees 'n woord van wysheid gegee, en aan die ander 'n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;
1COR 12:9 aan 'n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;
1COR 12:10 aan 'n ander werkinge van kragte, aan 'n ander profesie, aan 'n ander onderskeiding van die geeste, aan 'n ander allerhande tale, aan 'n ander uitleg van tale.
1COR 12:11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.
1COR 12:12 Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.
1COR 12:13 Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.
1COR 12:14 Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie.
1COR 12:15 As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie--behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?
1COR 12:16 En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie--behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?
1COR 12:17 As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees?
1COR 12:18 Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het.
1COR 12:19 As almal een lid was, waar sou die liggaam wees?
1COR 12:20 Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam.
1COR 12:21 En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie.
1COR 12:22 Maar veel eerder is dié lede van die liggaam noodsaaklik wat die swakste lyk;
1COR 12:23 en dié lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike lede oorvloediger sierlikheid,
1COR 12:24 terwyl ons sierlike lede dit nie nodig het nie; maar God het die liggaam saamgestel en aan die misdeelde lid oorvloediger eer gegee,
1COR 12:25 sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra.
1COR 12:26 En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.
1COR 12:27 Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.
1COR 12:28 En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.
1COR 12:29 Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie?
1COR 12:30 Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê?
1COR 12:31 Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle 'n nog uitnemender weg.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com