Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

2 Chronicles 10

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36]

2CHRON 10:1 En Rehábeam het na Sigem gegaan, want die hele Israel het na Sigem gekom om hom koning te maak.
2CHRON 10:2 En net toe Jeróbeam, die seun van Nebat, dit hoor--hy was in Egipte waarheen hy vir koning Salomo weggevlug het--het Jeróbeam uit Egipte teruggekom.
2CHRON 10:3 En hulle het gestuur en hom laat roep. Toe kom Jeróbeam met die hele Israel, en hulle het Rehábeam toegespreek en gesę:
2CHRON 10:4 U vader het ons juk hard gemaak; maak u dan nou die harde diens van u vader en sy swaar juk wat hy ons opgelę het, ligter; dan sal ons u dien.
2CHRON 10:5 En hy sę vir hulle: Kom oor drie dae na my terug. En die volk het gegaan.
2CHRON 10:6 Daarop hou koning Rehábeam raad met die oudstes wat voor sy vader Salomo gedurende sy lewe gestaan het, en hy vra: Wat raai u aan om hierdie volk te antwoord?
2CHRON 10:7 En hulle het met hom gespreek en gesę: As u vir hierdie volk goed is en hulle behaag en hulle met vriendelike woorde toespreek, sal hulle altyd u dienaars wees.
2CHRON 10:8 Maar hy het die raad van die oudstes wat hulle hom gegee het, in die wind geslaan en raad gehou met die jongmanne wat saam met hom grootgeword en in sy diens gestaan het.
2CHRON 10:9 En hy vra hulle: Wat raai julle aan dat ons hierdie volk sal antwoord wat my toegespreek en gesę het: Maak die juk wat u vader ons opgelę het, ligter?
2CHRON 10:10 En die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, antwoord hom en sę: Só moet u die volk antwoord wat met u gespreek en gesę het: U vader het ons juk swaar gemaak, maar maak u dit ligter oor ons--só moet u hulle antwoord: My pinkie is dikker as my vader se lendene.
2CHRON 10:11 Het my vader dan nou 'n swaar juk op julle gelaai--ék sal by julle juk nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig--ék sal julle met gésels tugtig.
2CHRON 10:12 Toe Jeróbeam en die hele volk dan op die derde dag by Rehábeam kom soos die koning gespreek en gesę het: Kom na my terug op die derde dag--
2CHRON 10:13 het die koning hulle 'n harde antwoord gegee; koning Rehábeam het die raad van die oudstes in die wind geslaan
2CHRON 10:14 en met hulle gespreek volgens die raad van die jongmanne en gesę: Het my vader julle juk swaar gemaak--ék sal daar nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig--ék sal julle met gésels tugtig.
2CHRON 10:15 So het die koning dan nie na die volk geluister nie, want dit was 'n beskikking van God, sodat die HERE sy woord sou vervul wat Hy gespreek het deur die diens van Ahía, die Siloniet, tot Jeróbeam, die seun van Nebat.
2CHRON 10:16 Toe die hele Israel sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesę: Watter aandeel het ons aan Dawid? En daar is geen erfdeel aan die seun van Isai nie! Elkeen na sy tente toe, Israel! Sorg vir jou eie huis, Dawid! Daarop het die hele Israel na sy tente gegaan.
2CHRON 10:17 Maar oor die kinders van Israel wat in die stede van Juda gewoon het, oor hulle was Rehábeam koning.
2CHRON 10:18 Toe stuur koning Rehábeam Hadóram wat oor die dwangarbeid was, maar die kinders van Israel het hom gestenig, sodat hy gesterf het, en koning Rehábeam het hom geweer om op 'n wa te klim, om na Jerusalem te vlug.
2CHRON 10:19 So het die Israeliete dan afvallig geword van die huis van Dawid tot vandag toe.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com