Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

2 Chronicles 27

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36]

2CHRON 27:1 Jotam was vyf en twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jerúsa, die dogter van Sadok.
2CHRON 27:2 En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Ussía gedoen het; alleenlik het hy nie in die tempel van die HERE ingegaan nie; en die volk het nog verderflik gehandel.
2CHRON 27:3 Hy het die Boonste Poort van die huis van die HERE gebou, en aan die muur van die Heuwel het hy baie gebou.
2CHRON 27:4 Verder het hy stede gebou op die gebergte van Juda, en in die bosse het hy forte en torings gebou.
2CHRON 27:5 Ook het hy oorlog gevoer teen die koning van die kinders van Ammon en hulle oorwin, sodat die kinders van Ammon hom in dié jaar honderd talente silwer en tien duisend kor koring en tien duisend kor gars gegee het; dit het die kinders van Ammon vir hom ook in die tweede en derde jaar gelewer.
2CHRON 27:6 En Jotam het magtig geword, want hy het sy weë gerig voor die aangesig van die HERE sy God.
2CHRON 27:7 En die verdere geskiedenis van Jotam en al sy oorloë en sy ondernemings, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Israel en Juda.
2CHRON 27:8 Hy was vyf en twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer.
2CHRON 27:9 En Jotam het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Agas het in sy plek koning geword.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com